Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, September 28, 2012

Huishulpe aangekeer ná beweerde dade met kleuters

2012-09-28 10:05
Tom de Wet

THEUNISSEN. – Twee huishulpe van ’n bekende landbou-en-sakefamilie hier is deur die polisie in hegtenis geneem ná die beweerde seksuele molestering en verkragting van ses niggies en nefies.
Dié misdade, wat glo in die kinders se speelhuisie op die grootouers se plaas gebeur het, het na bewering reeds ’n maand gelede begin.

Nadat die skokkende ontdekking gedoen is, is die kinders vandeesweek deur ’n pediater in Bloemfontein ondersoek, asook deur personeel by die Kopano-kliniek vir seksuele slagoffers in Welkom.

Die dokter het bevind dat penetrasie met voorwerpe wel plaasgevind het en dat al die kinders erge infeksie by hul privaatdele het.

Die kinders, vyf seuntjies en ’n meisie, is tussen 1 en 4 jaar oud.

Sers. Ian Gaobepe het by navraag gesê die pa van een van die seuntjies het Maandag op dié seuntjie en sy nefie in die speelhuisie afgekom waar die een die ander met die been van ’n plastiekpop gepenetreer het.

Die kinders is aangespreek en die aand by die onderskeie huise is die kinders oor die gebeure uitgevra. Hulle het toe gesê dat hulle ’n speletjie speel wat die twee kinderoppassers aan hulle geleer het.

Die kleinkinders was onder dié twee vroue se sorg terwyl hul ouers daagliks by hul siek ma in die hospitaal gekuier het.

Uit verdere ondervraging van die kinders het dit geblyk dat die twee vroue glo eers die dade met mekaar voor die kinders gepleeg het en die kinders toe gewys is hoe en wat om te doen.

Die plastiekpop, ’n teddiebeer en stukke dun hout is glo in die seksuele aanrandings gebruik.

Voordat die seksuele misbruik ontdek is, het die meisietjie se ma die infeksie by haar opgemerk en behandel. Eers nadat die gebeure aan die lig gekom het, is besef wat die oorsaak daarvan is.

Die vroue, 20 en 35 jaar oud, bly in aanhouding en sal op 11 Oktober weer in die hof verskyn. Die uitslag van die finale doktersverslag sal bepaal of klagte van verkragting by dié van seksuele molestering gevoeg sal word.

’n Familievriend het gister aan Volksblad gesê die gesinne is uiters ontsteld. Hulle hoop dat die ondersoek spoedig afgehandel word om die kinders verdere trauma te spaar en dat die gereg sy loop sal neem.



- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Huishulpe-aangekeer-na-beweerde-dade-met-kleuters-20120928

No comments:

Post a Comment