Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 22, 2012

Oud-bokskampioen geskiet in rooftog by restaurant

Deur: Hanri Wondergem
2012-09-22 23:13
Voormalige swaargewig-bokskampioen, Corrie Sanders is gisteraand omstreeks 18:00 in die maag gewond tydens ’n gewapende roof buite Brits.

Kallie Kriel, voorsitter van die burgerregtelike organisasie, AfriForum, was toevallig by dieselfde restaurant, Thatch Haven, op dieselfde tyd.

“Ons was oppad huis toe na ’n krieketwedstryd van my seun. Die kinders het ingehardloop gekom en gesê die skote het geklap en die koeëls het net bokant hulle koppe getref,” vertel Kriel.

Kriel is na buite waar hy vir Sanders op die grond aangetref het.

“Die man was in baie pyn. Ek hoop hy is orraait.”

Kriel se hy het van omstanders verneem dat daar ’n een en twintigste verjaardagpartytjie was en dat die rowers daar selfone en beursies gesteel het.

Kriel se seun, C.M. (14) en ses van sy vriende het die voorval gesien.

Hulle is in Eldoraigne Hoërskool in Pretoria en het gister teen Hoërskool Wagpos in Brits krieket gespeel.

Volgens Kriel is die seuns baie getraumatiseerd.

“Die kinders hoor altyd van die goed, maar mens hoop dat hulle dit nooit self sal beleef nie.”

Ser. Kelebogile Moiloa, polisiewoordvoerder, het bevestig dat daar wel ’n skietery was en dat een man gewond is.

Volgens haar is Sanders oorgeplaas na die Kala­fong-hospitaal buite Pretoria omdat hy ernstig gewond is. Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof teen drie verdagtes. Teen druktyd was niemand nog in hegtenis geneem nie.

* Slegte nuus vanoggend (Sondagoggend): Corrie Saunders het in die Kalafong-hospitaal gesterf aan sy wonde. Besonderhede volg later.

http://m.news24.com/rapport/Suid-Afrika/Nuus/Oud-bokskampioen-geskiet-in-rooftog-by-restaurant-20120922

No comments:

Post a Comment