Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, September 25, 2012

Staking kan petroltekort veroorsaak

2012-09-25 09:44
 
Kaapstad – 'n Landwye staking deur vragmotorbestuurders is in volle swang, het die SABC berig.

Nagenoeg 60 000 vragmotorbestuurders het Maandag begin staak.

Volgens berigte gaan KwaZulu-Natal die ergste deur die staking geraak word.

Die staking gaan na verwagting ook die skeepsbedryf raak en kommer heers oor brandstoftekorte oor die land heen indien die staking vir 'n tyd voortduur.

June Dube, adjunkpresident van die SA Transport and Allied Workers' Union (Satawu), sê hulle eis 'n verhoging van 10% terwyl werkgewers 7% aanbied.
 

No comments:

Post a Comment