Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, September 25, 2012

Stakers gooi klippe na vragmotors

2012-09-25 15:10
 
Johannesburg – Stakende vragmotorbestuurders in die Johannesburgse middestad het Dinsdag klippe na verbygaande vragmotors gegooi, het die metropolisie gesê.

"Die vragmotors het verby Beyers Naudé-plein gery waar die vragmotorbestuurders betoog," het hoofsupt. Wayne Minnaar gesê.

"Maatskappye word versoek om aan hul werknemers te sê om nie enige vragmotors na die Johannesburgse middestad te stuur nie om enige verdere geweld te vermy en ook dat vragmotors beskadig word."

Die SA Transport and Allied Workers' Union (Satawu) het vroeër gesê meer as 20 000 werknemers van die Padvragvereniging het Dinsdag gestaak oor 'n salarisverhoging.

Werknemers van die Padvragvereniging, wat vragmotorbestuurders insluit, eis 'n 12% verhoging. Hul werkgewers het 8,5% aangebied.

Volgens Satawu het die staking begin nadat salarisonderhandelings met werkgewers 'n dooiepunt bereik het.

Vincent Masoga, woordvoerder van Satawu, het gesê geen betogings word vir Dinsdag beplan nie maar werkers sal by Beyers Naudé-plein bymekaarkom vir nuus oor die onderhandelings.

Minnaar het gesê verkeer word van Simmondsstraat en Pritchardstraat herlei asook by die kruising van Harrison- en Pritchardstrate en President- en Sauerstraat.
 

No comments:

Post a Comment