Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, September 23, 2012

‘Vrystaat stort in duie’

2012-09-21 05:55
DIE Vrystaat is besig om in duie te stort en die kommerwekkende misdaadstatistieke wat gister bekend gemaak is, is net nog ’n bewys daarvan, sê opposisiepartye en inwoners.
Regeringswoordvoerders het gister vrae hieroor gesystap en gesê misdaadbekamping is nie net hul verantwoordelikheid nie.

Roy Jankielsohn, DA-LW en dié party se woordvoerder oor polisie in die Vrystaat, het gesê misdaad bly ’n groot probleem en hy twyfel of dit binnekort sal afneem.

Jankielsohn het vroeër in die Vrystaatse wetgewer gesê die provinsiale regering is self “’n netwerk van misdaadsindikate” en het verwys na beweerde korrupsie en ander ongerymdhede.

Volgens die statistieke het die meeste misdade in die Vrystaat toegeneem. Dit sluit in motor- en vragmotorkapings, roof met verswarende omstandighede, witboordjiemisdade, veediefstal, ontvoering en seksmisdade wat in ’n jaar met onderskeidelik nagenoeg 20,94% en 100%, 10,26%, 59,07%, 6,24%, 44,29% en 1,84% gestyg het.

Die Vrystaat se moordsyfer (963) is presies dieselfde as die vorige jaar.

Jankielsohn sê plaasaanvalle en -moorde word nie spesifiek gemeld nie, maar dit lyk asof dié misdade meer in die Vrystaat as elders voorkom.

Die nuutste misdaadstatistieke is verteenwoordigend van die tydperk tussen April 2011 en Maart vanjaar.

Jankielsohn sê ekonomiese ontwikkeling in die Vrystaat word deur van die misdade belemmer, want sakelui en beleggers verloor vertroue in die provinsie.

Dié statistieke is volgens hom net een van die bewyse dat die provinsie “teen ’n redelike tempo” agteruitgaan.

Prostitusie en die aantal kinders betrokke by satanisme, wat moontlik verband met van die misdade hou en deel van die algehele verval is, word volgens Jankielsohn nie in die misdaadstatistieke vervat nie.

Mzwandile Hleko, Cope-LW en dié party se woordvoerder oor polisie in die Vrystaat, sê die ANC-leierskap het inwoners in die steek gelaat.

Abrie Oosthuizen, leier van die VF+ in die provinsie, sê misdaad in die Vrystaat is dalk erger as wat deur die statistieke weer­spieël word.

Volgens hom kom baie misdade weens swak ondersoekwerk en ’n gebrek aan hulpbronne in die polisiediens nooit in die hof nie en word nie by die statistieke ingesluit nie.

Wisani Ngobeni, segsman van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, sê mense wat meen die provinsie gaan agteruit, moet met bewyse vorendag kom.

Hy sê die provinsiale regering het verskeie programme, onder meer die toekenning van studiebeurse en oprigting van veeldoelige sportsentrums, wat duisende jong mense van die strate af hou en dus help om misdaad te voorkom.

Volgens Ngobeni is dit nie net die regering se verantwoordelikheid om misdaad te voorkom nie, maar almal, insluitend opposisiepartye, geloofsleiers en Volksblad, s’n.

Zolile Walaza, woordvoerder van die provinsiale departement van polisie, paaie en vervoer, sê die LUR, Butana Komphela, was gister in Kaapstad met die bekendstelling van die misdaadstatistieke. Hy moet volgens Walaza eers met die polisiebestuur vergader en na “hul kant van die storie” luister voordat hy kommentaar kan lewer.

*************************

Misdaad raak ménse. In koeranttaal is dit ’n méns-storie. Maar misdaad in Suid-Afrika – wáár dit plaasvind en veral die neigings wat oor jare vorm – is ook ’n sýfer-storie: ’n statistieke-storie. Daarom het Media24 se digitale nuusspan ’n webwerf gebou waar jy op jou eie tyd die jongste amptelike misdaadstatistieke op ’n interaktiewe landkaart en in die konteks van vorige jare se statistieke kan ondersoek. Besoek die misdaadwerf hier.



- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrystaat-stort-in-duie-20120920

No comments:

Post a Comment