012-10-20 07:00
KAAPSTAD. – Geldtekorte in die departement van justisie en grondwetlike
ontwikkeling is so erg dat daar nou voorstelle is om die aanstelling van nuwe
landdroste vir eers te laat vaar.
Daar is vroeër berig die departement is een van die drie grootste sondaars wat nagenoeg R454miljoen van meer as R4,6miljard se totale besteding aan spys, drank en reise bestee het.
Johan Johnson, waarnemende finansiële hoof, het vandeesweek aan die parlement se portefeuljekomitee oor justisie gesê R150miljoen is opsy gesit vir die aanstelling van bykomende landdroste. Daar is reeds te min.
“Pleks om nuwe landdroste nou aan te stel, kan ons vir eers die geld elders aanwend.”
Die departement sal oor die volgende drie jaar sy uitgawes met tot R1miljard moet besnoei.
Dit blyk tans besteding aan hofdienste sal met meer as R50miljoen in die volgende boekjaar besnoei moet word.
Volgens adv. Nonkululeko Sindane, direkteur-generaal, sal elke departement oor die volgende drie jaar uitgawes met 3% moet sny.
Johnson het gesê dit gaan ’n fyn balanseertoertjie verg tussen dienslewering en voldoening aan dié vereiste.
Hy het gesê van die voorgestelde kostebesparingsmaatreëls sluit in om reis- en verblyfuitgawes te sny, prestasiebonusse in te kort en videokonferensies te hou.
Hy het ook voorgestel dat die inwerkingstelling van sekere wetgewing, soos die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting en die Wet op Seksuele Oortredings, vertraag word.
LP’s was egter nie hiervoor te vinde nie.
John Jeffery, ANC-LP, het voorgestel dat bouprojekte aan nuwe howe en geriewe vir eers gestaak word sodat seker gemaak kan word bestaande howe funksioneer behoorlik.
Debbie Schafer, DA-LP, het gesê sy sal nie enige besnoeiing aan veiligheid, veral by howe, steun nie.
- Die Burger
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Daar-is-nie-geld-om-landdroste-aan-te-stel-20121020

No comments:
Post a Comment