Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, October 19, 2012

’n Volk roep om hulp

In hierdie donker kontinent is nog een klein ligstraaltjie wat al flouer begin brand. Die liggie verdof omdat die batterye besig is om hulle laaste energie te gebruik en die kans om herlaai te word is maar skraal…..
Op elke lewensterrein word die Boere-Afrikaner getrap en verguis. Dit is niks nuut nie. Daaraan het die volk gewoond geraak. Die Britse besetting aan die Kaap de Goede Hoop was die eerste aanslag. Daardie aanslag was nie voldoende om die volk uit te sis nie. Weer en weer en weer is probeer. Die haat teen ons volk het toegeneem na afloop van Majuba. Toe vererger die veldtog na Republiekwording.
En toe kom die 94-verraad met die omkoopgeld van ’n nietige prys – nee ’n halwe prys!
Asof alles nie genoeg is nie, word ons soos in die Vryheidsoorlog, uitgemoor. In plek van konsentrasiekampe het nou na vore gekom die goed opgeleide terroriste in plakkerskampe van die land. Klaarblyklik word die opleiding met staatsgeld gedoen onder toesig van werkers in die staatsdiens.
Projek 2010, die organisasie met die mees gesaghebbende inligting oor die volksmoord kreun onder die las om die werk te bly doen wat gedoen moet word. Daagliks word daar oor die breë spektrum van die elektroniese en gedrukte media gemoniteer om elke moord op volksgenote se besonderhede akkuraat op te teken in ’n databasis.
Daardie besonderhede moet uiteindelik die “sertifikaat” as bewysplaas voorgelê word aan nasionale en internasionale owerhede wanneer die volk sy eis om volkome vryheid in handig.
Net soos wat die derduisende grafte in konsentrasiekampe ’n onbetwisbare bewys is van die Britse moord op ons vroue en kinders, netso is die databank van Projek 2010 ’n onbetwisbare bron van bewyse van die gruwelike moord op ons volk.
Maar Projek 2010 se fondse raak uitgeput. Die klompie Boere-Afrikaners wat die Projek finansier, se vermoë raak uitgeput.
En hierdie projek mag nie gestaak word nie – dit mag net nie ophou om die werk te doen nie!
U wat hier lees, kan ’n bydrae maak. Help asseblief deur elke maand ’n klein bedraggie aan hulle beskikbaar te stel – dit is ons dure plig om ons mense se name op rekord te hou – elkeen wat onder die terroriste aanslag vermoor word moet met pynlike presiesheid opgeteken word..
Die Vryburger roep u op tot daadwerklike ondersteuning.
Bank: Standard Bank
Rek naam: Oranjekas Spaar en Krediet
Rek. Tipe: Tjek
Rek. No: 27 124 0490
Takkode: 01 05 45
Verwysing NB! Projek2010

http://www.dievryburger.co.za/2012/10/n-volk-roep-om-hulp/

1 comment:

  1. Goeie more, kan jul asb ook die Sudlander by jul skakels voeg, sal dir baie waardeer.

    www.suidlanders.co.za

    Groetnis

    ReplyDelete