Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, January 24, 2013

15 000 krokodille los

2013-01-23 22:57
Zane Langman by sy skoonpa, Johan Boshoff, se huisraad wat buite staan nadat die huis en ander geboue op die Rakwena-krokodilplaas oorstroom is. Talle goed is deur die moddervloed beskadig.
 


Pontdrif. – Oral op die Limpopo-sitrus- en Rakwena-krokodilplaas buite Pontdrif sien ’n mens krokodilspore.

Die sowat 15 000 krokodille van Rakwena het uitgekom toe die Limpoporivier Sondagaand afgekom het.

Zane Langman, skoonseun van Johan Boshoff, eienaar van Rakwena, het gesê hulle het al ’n paar duisend in die rivierbos of tussen die lemoenbome gevang, maar meer as die helfte is nog soek.

“Daar was voorheen net ’n paar krokodille in die Limpoporivier. Nou is daar baie,” het Langman gesê.

“Ons gaan vang hulle soos wat die boere ons bel en sê daar is krokodille. In Weipe is daar baie en ek het gehoor daar was ook krokodille in Musina op die skool se rugbyveld.”

Snags is dit makliker om hulle te sien omdat hul oë ’n rooi lig maak.

Voor die inligtingsentrum by die krokodilplaas het alles wat in die sentrum was gister buite gestaan, nes die inhoud van Boshoff se huis langsaan.

Volgens Langman sal die opruiming op die plaas sowat ’n week duur. Tans is alles net modder en kan ’n mens net met ’n viertrekvoertuig daar ry.

Langman was Sondagoggend omstreeks 09:00 in sy huis naby die krokodilplaas besig om ontbyt te maak toe Dirk Steyn hom bel en sê die water is besig om te styg.

“Ek het na die reënmeter gaan kyk en gesien die riviervlak loop in my tuin in,” het Steyn gesê.

Langman is dadelik na Steyn se huis om dit te help ontruim, want in 2000 was die water heuphoogte.

“Teen die tyd wat ons Dirk se huis ontruim het, was die water om ons,” het Langman gesê.

Langman, Steyn, sy vrou, skoonsuster en Jaco Nel, ’n plaasbestuurder, is toe na Boshoff se huis. Hulle het die stoor en die kantore ontruim en begin om die hekke van die krokodilplaas oop te maak omdat hulle bang was die water stoot die mure om.
“Min het ons geweet die water gaan bo-oor die mure kom.”

Hulle het Boshoff se boot in die water gesit en die werkers begin uitry na ’n veilige plek.

Steyn, Nel en nog drie werkers het op die dak van die motorhuis by Boshoff se huis gesit.

“Eenuur was die water heuphoogte. Vyfuur was dit nekhoogte. Agtuur was dit bo-oor my kop,” het Langman gesê.

“Toe ons die laaste klomp werkers uitry, het die boot se prop (skroef) gebreek. Ons moes ’n halfuur roei om by die huis te kom. Daar moes ons eers ’n plan met die prop maak sodat ons vir Dirk-hulle kon gaan haal.

“Jy wil hulle gaan haal, maar heeltyd wonder jy of jy dit gaan maak tot by hulle.

“Toe ons by hulle kom, toe swem die krokodille om hulle.

“Prys die Here almal lewe nog.”

Volgens Langman het die water omstreeks 21:00 begin sak.

Van Maandag af maak hulle net skoon. Hulle moes trekkers en toerusting soos kragopwekkers, kompressors, hoekslypers en kettingsae leen “omdat niks op die plaas werk nie”.

“Almal op wie se knoppie jy druk, help,” het Langman gesê,



Modder op ’n Land Cruiser van die Rakwena-krokodilplaas langs die Limpoporivier teenaan die Botswana-grens ná die vloed.
Foto’s: Deaan Vivier




’n Afstandbeheertoestel in die modder by die Rakwena-krokodilplaas nadat die Limpoporivier afgekom en die vloedwater deur die huis en ander geboue gestroom het.




http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/15-000-krokodille-los-20130123

No comments:

Post a Comment