Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, January 26, 2013

Eskom-tariewe moet reuse-salarisse dek

2013-01-26 11:19
Johannesburg – Een van die redes hoekom Eskom aansoek doen vir ‘n tariefverhoging is omdat die gemiddelde jaarlikse salaris van een van sy werknemers na verwagting in 2017 en 2018 R820 000 gaan wees, het ‘n berig Saterdag gelui.

Eskom se totale salarisse vir sowat 45 600 werknemers sal in daardie tyd sowat R36 miljard wees, berig Beeld.

Hierdie syfers is een van die redes wat Eskom aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) voorlê as deel van sy versoek om tariewe van 1 April met 16% te verhoog vir die volgende vyf jaar.

In die dokumente beweer Eskom dat die gemiddelde salaris per werker in die huidige boekjaar jaarliks R633 000 is.

Volgens die dokumente is die rede vir die hoër salarisse omdat nuwe kragstasies meer werknemers beteken en daar is ‘n behoefte om meer werkers met vaardighede te kry en hulle te behou.

Nietemin het Karl Cloete, woordvoerder van die National Union of Metalworkers, aan Beeld gesê sy werkers by Eskom kry nie sulke salarisse nie.

“Ons wil sien wie so baie betaal word dat die gemiddeld so hoog is. Ons weet dat Eskom se topbestuurders in die afgelope dekade groot bonusse en verhogings ontvang het,” het Cloete gesê.

Chris Hart, ‘n ekonoom van Investment Solutions, het aan die koerant gesê dat geen maatskappy in die privaatsektor kan bekostig om sulke salarisse te betaal nie.

Eskom se woordvoerder, Hillary Joffe, het nie die voorgestelde salarisverhogings ontken nie.

Nersa sal Eskom se tariefverhogings op 28 Februarie aankondig.
- SAPA
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Eskom-betaal-reuse-salarisse-20130126

No comments:

Post a Comment