Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, January 27, 2013

Jeugliga maak stem dik oor stakings, grond

2013-01-27 07:19

Kaapstad – Die ANC-jeugliga, het 'n beroep op die regering gedoen om grond wat onwettig gedurende die apartheidsjare verkry is, sonder vergoeding te onteien, het RSG Sondag berig.

Die waarnemende president, Ronald Lamola, het by 'n ANC byeenkoms in Prins Alfred Hamlet in die Boland ook gesê plaaswerkers moet hulle daarvoor beywer om self plase te besit.

Hy sê plaaswerkers in die Wes-Kaap moenie ophou met die stryd vir 'n dagloon van minstens R150 per dag nie en moet hulle ook beywer vir aandele in die plase waarop hulle werk sodat hulle kan deel in die winste.

Lamola het gepraat by 'n byeenkoms om ondersteuning vir die ANC te werf voor 'n tussenverkiesing Woensdag in die Witzenberg-munispaliteit.

Prins Alfred Hamlet is een van die gebiede wat deur die onlangse plaaswerkerstaking geraak is.

– RSG
 

No comments:

Post a Comment