Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 30, 2013

Geldkrisis knou Zim

2013-01-30 09:36
Harare – Tendai Biti, Zimbabwe se minister van finansies, het Dinsdag gesê nadat staatswerkers se salarisse verlede week betaal is, is daar nou $217 (sowat R1 962) oor in die regering se koffers.

Biti het in die hoofstad aan joernaliste gesê sommige ministers bankbalanse lyk aantrekliker as dié van die regering.

"Die regering se geldsake is op die oomblik in 'n verlamde toestand. Ons haal nie ons teikens nie."

Zimbabwe se ekonomie was by die draai van die millennium in vrye val nadat pres. Robert Mugabe plase in wit besit onteien het. Dít het beleggersvertroue in die land verwoes, produksie lamgelê, sanksies teweeggebring en toeriste afgeskrik.

Ná meer as 'n dekade – waartydens die land onder hiperinflasie van 231 000 000% gely en infrastruktuur verval het – is die situasie nou meer stabiel. Openbare finansies is egter steeds 'n gemors en plaaslike ondernemings gaan gebuk onder onstabiele elektrisiteitsvoorsiening, 'n gebrek aan likiditeit en hoë arbeidskostes.

Zimbabwe se regering het gewaarsku dat hy nie genoeg geld het om 'n grondwetlike referendum en verkiesings, wat na verwagting vanjaar gehou gaan word, te befonds nie.

Biti het gesê die land sal nou skenkers moet nader om geldelike hulp.

"Ons sal die internasionale gemeenskap nader."

Die land se verkiesingsagentskap het gesê hy benodig $104 miljoen (sowat R940 miljoen) om die verkiesing te reël.

Die regering se nasionale begroting vir die jaar staan op $3,8 miljard en die ekonomie sal na verwagting met 5% groei.

Die mineraalryke land gebruik nou die Amerikaanse dollar en die Suid-Afrikaanse rand.
- Sapa - AFP

http://afrikaans.news24.com/Sake/Nuus/Geldkrisis-knou-Zim-20130130

No comments:

Post a Comment