Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, January 30, 2013

Koninklike konkel

January 30, 2013


Die nuutste groot swart gat wat in die Verenigde Koninkryke van Suid Afrika ontdek is, is die koninklikes. Snaaks hoe Pommieland se koninklikes nie kan waag om eers ‘n bietjie te ontklee in die publiek saam met ander mense in die teenwoordigheid van fotograwe nie, dan is dit ‘n skandaal. Dan verskyn dit op elke voorblad en word jy oor oumie se skoot getrek en oorgegee aan haar kefrotte om elkeen vir ‘n halfuur aan ‘n haakskeensening te kou voor jy weer kan teruggaan weermag toe om met die vlugnabootser te speel.
In Suid- Afrika loop al wat ‘n koninklike is halfnaak rond, veral in die openbaar, tussen ander mense en waar fotograwe is asof hulle êrens gehoor het dat leeruitrustings baie wellustig-aanloklik is, maar nie besef het dat dieselfde effek nie verkry word as die leer nog springbokhare aan het en dit in klein lappies gedra word aan ‘n oorgewig, sweterige bejaarde zoeloe man nie. Ek sien al hoe koning Roosedoring na een van sy harembewoners aangesweef kom en, terwyl sy grys kroesbaard in hare vassteek, in haar oor fluister: “Trek die springbokvel se stertjie en kyk wat gebeur!” Die rilling teen my ruggraat af en my skielike braaklustigheid is dalk ‘n teken dat ek my nie moet begeef op die terrein van romantiese Afrika-fiksie nie.
As ons dan kan terugsirkel na die punt bedoel ek net my verbasing uit te spreek daarmee dat ons konings nie dan op glanstydskrifte se voorblaaie verskyn nie (waarskynlik omdat hulle nog kopieë daarvan wil verkoop en klagtes by die ombudsman wil vermy), maar eerder reuse bedrae geld by die belastingbetaler kry! So verdwyn ons geld in die (spreekwoordelike!!!) swart gat in net om spandeer te word op sokkerwedstryde van die nasionale span waarvan die uitslae gekonkel moet word om net semi-kompeterend te kan voorkom in toernooie. Konings het ook ‘n groot verantwoordelikheid om te kommunikeer met die voëlvadergeeste en die dienste van Mariëtta en John Edwards is nie goedkoop nie!
Kortom dink ek daaraan om op die Majubafees van 22-24 Feb aan te kondig dat ek nou my dienste aanbied as koning van die Boere-Afrikaner volk. Ek hou immers daarvan om geld te spandeer en halfkaal in my huis rond te loop!
Tot volgende slag
Die Sweep

http://www.dievryburger.co.za/2013/01/koninklike-konkel/

No comments:

Post a Comment