Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, January 29, 2013

SA skenk R90 miljoen aan Mali

2013-01-29 17:04
 
Johannesburg – Suid-Afrika het meer as R90 miljoen geskenk om geweld in Mali te bekamp, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, Dinsdag gesê.

"Namens president Jacob Zuma, skenk die Republiek van Suid-Afrika $10 miljoen (meer as R90 miljoen) aan die Mali-fonds vir die versterking van polisiemagtem," het sy op 'n skenkerskonferensie in Addis Ababa, Ethiopië, gesê.

"Suid-Afrika voeg sy stem by dié van ons mede- Afrika-broers en -susters en die internasionale rolspelers om die geweld teen die mense van Mali te veroordeel."

Mapisa-Nqakula het gesê Suid-Afrika het ook noodleniging ter waarde van R122 miljoen aan die land gestuur.

Dít is behalwe die $55 miljoen (sowat R499 miljoen) wat die Afrika-unie geskenk het.

Die nuwe magte gaan probeer om die weermag in Mali teen Al-Kaïda-geaffilieerde groepe te ondersteun. Dié groepe het beheer geneem oor die noorde van die land.

Op 11 Januarie het Franse gewapende magte tot die konflik toegetree.

- SAPA

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/SA-skenk-R90-miljoen-aan-Mali-20130129

No comments:

Post a Comment