Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, January 29, 2013

'Num het wapens aan lede verskaf'

2013-01-29 18:00
Rustenburg – Ian Farlam se kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat die vakbond National Union of Mineworkers (NUM) wapens aan lede in Marikana, Noordwes, vir selfverdediging oorhandig het.

Saziso Gegeleza, lid van die vakbond en werknemer van Lonmin, het getuig oor die gebeure wat hom op 11 Augustus afgespeel het, toe stakende werkers probeer het om die vakbond se kantoor by die platinum-myn aan te val.

Karl Tip, wat die vakbond verteenwoordig, het hom gevra of NUM gewoonlik wapens by die kantoor aanhou. Gegeleza het “nee” geantwoord.

Gegeleza sê NUM se vakbondverteenwoordigers het die wapens by stakende mynwerkers gekonfiskeer.

Hy sê een van die vakbond se tak-sekretarisse, Daluvuyo Bongo, het die wapens uitgedeel omdat hy gehoor het ‘n groep stakers was op pad om die kantoor af te brand.

“’n Knopkierie en ‘n spies is aan my oorhandig.”

Gegeleza het verduidelik hoe ‘n groot groep stakers die kantoor genader het. Hulle het klippe gegooi en geskree: “Hier is hierdie honde.”

“Hulle was so aggressief...” het hy getuig.

Gegeleza het bygevoeg dat die stakers stokke, kopkieries, pangas en spiese by hul gehad het.

“Ek was bang, maar ek wou my lewe beskerm, asook NUM se kantore.”

Hy het vertel hoe geweerskote skielik afgevuur is. Hy het nie geweet wie die sneller getrek het nie.

“Ons het hulle gejaag, waarna hulle na die hostel gehardloop het.”

Gegeleza sê hulle het die stakers agternagesit om te keer dat hulle nog ‘n aanval beplan.

Hy het getuig het hy eers op 2 Oktober – tydens die kommissie se inspeksie – uitgevind dat twee stakers daardie dag gesterf het.

Volgens hom het hy nooit die oorledenes gesien nie.

Hy het getuig voor die kommissie wat 44 mense se sterftes by die myn in Augustus verlede jaar ondersoek.

- SAPA

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Num-het-wapens-aan-lede-verskaf-20130129

No comments:

Post a Comment