Johannesburg – Die
polisie in die Oos-Kaap het toegeslaan op 'n onderneming in Mthatha wat
regeringsalarisstrokies, identiteitsdokumente en matrieksertifikate vervals, het
'n woordvoerder Dinsdag gesê.
Kol. Mzukisi Fatyela het gesê die Bears-meubelwinkel het die polisie genader nadat 'n 39-jarige vrou personeel agterdogtig gemaak het toe sy 'n rekening wou open.
Ná 'n ondersoek is daar vasgestel dat sy werkloos is, maar 'n vervalste regeringsalarisstrokie en - identiteitsdokument verskaf het.
Die vrou is Maandag in hegtenis geneem en het die polisie na die onderneming in Mthatha geneem waar sy die vervalste dokumente gekoop het.
"Daar was baie salarisstrokies van nasionale en provinsiale regeringsdepartemente, sowel as Umalusi-sertifikate," het Fatyela gesê.
Volgens Fatyela het die matrieksertifikate goeie simbole gehad.
Nóg 'n vrou is op die perseel in hegtenis geneem, maar die eienaar was nie ten tyde van die klopjag teenwoordig nie.
"Nóg mense gaan binnekort in hegtenis geneem word," het Fatyela gesê.

- SAPA
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Hier-koop-jy-matrieksertifikaat-betaalstrokie-20130122
No comments:
Post a Comment