Johannesburg – Twee
vragmotors is Maandag deur inwoners van die Zamdela- informele nedersetting in
Sasolburg aan die brand gesteek, het die polisie in die Vrystaat,
gesê.
"'n Vragmotor wat 'n paar meter ver van die polisiekantoor gestaan het, is deur die skare verwoes. Dit is nou aan die brand," het konst. Peter Kareli gesê.
"Nóg 'n vragmotor word op die R82 verwoes. Die situasie is besig om te vererger."
Kareli het gesê die provinsiale polisiebestuur het in die gebied aangekom om te kyk wat hulle kan doen en intussen is nóg polisiebeamptes na die township gestuur.
Die betogings het Sondag begin nadat die munisipaliteit inwoners ingelig het oor nuwe planne vir die samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit, het Beeld berig.
'n Polisievoertuig was vroeër vasgekeer in die modder en betogers het die beamptes in die voertuig aangeval.
"Waterkanonne en rubberkoeëls is gebruik om die betogers in bedwang te bring. Die helikopter skiet ook rubberkoeëls," het Kareli gesê.
Richard Baloyi, minister van samewerkende regering, sal na verwagting Maandagmiddag met beamptes van die Fezile Dabi-munisipaliteit vergader om die betogers se griewe te bespreek.
Sowat 90 mense is Sondag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van openbare geweld nadat hulle winkels in die woonbuurt geplunder het.
"Nóg mense is omstreeks 03:00 vanoggend [Maandag] in hegtenis geneem nadat hulle winkels geplunder het," het Kareli gesê.
Die getal mense wat sedert Sondag in hegtenis geneem is, is nog nie bekend nie, maar sowat 150 mense is na raming agter tralies.
Diegene wat Sondag in hegtenis geneem is sal na verwagting Maandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

- SAPA
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Situasie-in-Sasolburg-vererger-se-polisie-20130121
No comments:
Post a Comment