Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, February 7, 2013

Duisende plaaswerkers afgedank

Minstens 2 000 plaaswerkers het Woensdag afleggingskennisgewings ontvang, het Business Day Donderdag berig.
Dié afleggings kom te midde van die implementering van 'n nuwe minimumloon en kruipende meganisasie.
Ontleders waarsku dat nóg duisende plaaswerkers hul poste kwyt kan wees wanneer die nuwe loonverhoging aan die begin van volgende maand in werking tree, het die koerant verder berig.
Jim Rankin, sekretaris van die Landbou Masjienerie-vereniging, het aan die koerant gesê hy het verwag dat boere, "in die lig van die afgelope ses maande", meer op meganisasie sou fokus.
Die afgelope ses maande het werkers gestaak en vakbonde het groot loonverhogings geëis.
Intussen het die departement van arbeid het Woensdag gesê sukkelende boere het nog nie aansoek gedoen om kwytskelding van die minimum loon nie. 'n Woordvoerder van die departement het gesê geen boere het nog na vore gekom nie.
Boere wat in aanmerking wil kom vir die kwytskelding, moet hul finansiële state aan die departement voorlê.
Vroeër vandeesweek is honderde plaaswerkers in Limpopo afgelê.
Mildred Oliphant, minister van arbeid, het vroeër die week die nuwe minimumloon van R105 vir plaaswerkers aangekondig.
 

No comments:

Post a Comment