Deur JOYLENE VAN WYK
5 Februarie 2013
Mnr. Tony Ehrenreich. Foto: WIKIPEDIA
Boere wat nou wil herstruktureer en plaaswerkers wil aflê, se plase sal afgevat word, sê mnr. Tony Ehrenreich.
Boere wat weens die 52%-verhoging in die minimum loon wil herstruktureer en plaaswerkers wil aflê, se plase sal afgevat word, het mnr. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse voorsitter van die vakverbond Cosatu, gewaarsku. Landbou-unies en landbouleiers het aangedui dat die verhoging van die minimum loon tot R105 per dag onbekostigbaar is en tot werksverliese sal lei.
Ehrenreich het gesê dat boere moet voortgaan om hierdie dreigemente te maak. “Die herstrukturering sal plaasvind, maar deel daarvan sal daartoe lei dat hulle hul plase sal verloor.
“As hulle nie hul grond kan gebruik nie, moet hulle dit verloor en elders heen gaan.”
Hy het bygevoeg dat dreigemente van afleggings nie op dowe ore sal val nie en dat een van die gevolge sal wees dat grond van boere wat haaks is, aan “goeie boere” gegee sal word wat die land wil laat werk. Hy het ook na Agri SA gehap. “Agri SA het ons tot op die randjie van ’n burgeroorlog tussen boere en plaaswerkers geneem.
“Hy het ’n loonverhoging van R94 op die tafel by die Arbeidskommissie voorgelê. Waarom kon hy dit nie gedoen het toe daar samesprekings met die Wes-Kaapse plaaswerkers was nie?”
Mnr. Johannes Möller, Voorsitter van Agri SA, het gesê met die verhoging word die drastiese gevolge daarvan op die landbou en indiensname vir die bedryf nie in ag geneem nie. Dit is veral in die arbeidsintensiewe bedryfsvertakkinge waar daar van plaas tot plaas nou besluite geneem sal moet word oor watter aanpassings nodig is om kop bo water te hou.
Struktuuraanpassings is onafwendbaar, veral as hoër brandstof- en waterpryse en ’n waarskynlike skerp styging in elektrisiteitstariewe in ag geneem word,” het hy gesê. Mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het daarop gewys dat die arbeidsrekening nou van R13 miljard na sowat R20 miljard sal styg.

No comments:
Post a Comment