Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, February 5, 2013

730 plaaswerkers afgedank

2013-02-05 13:48
Die eerste 730 plaaswerkers in Limpopo ontvang reeds kennisgewings van afleggings, het Agri SA Dinsdag gesê.

Boere van die Magoebaskloof- en George’s Valley-omgewing het Maandagaand vergader om die situasie te bespreek betreffende die nuwe minimumloon vir plaaswerkers en wat hulle te doen staan, het Landbou.com berig.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het Maandagmiddag 'n nuwe minimumloon vir plaaswerkers bekend gemaak ná wydverspreide stakings in veral die Wes-Kaap vroeër vanjaar en aan die einde van 2012.

Die nuwe minimumloon is vasgestel op R105 per dag, of R525 per week, wat neerkom op ongeveer R11,66 per uur. Dit is 'n maandelikse salaris van R2274,82. Die bedrag sal van 1 Maart van krag wees.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, het gesê 730 werkers ontvang reeds kennisgewings van afleggings.

Die meeste van dié werkers is heeltydse werkers en van hulle werk al tot 35 jaar by boere. De Jager sê dit is vir die boere baie moeilik om dié stap te doen, maar hulle moet ekonomiese besluite neem.

“Baie boere is in ’n staat van depressie en hulle is woedend oor die nuwe loon.” - Nuus24
 

1 comment: