Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, February 3, 2013

Kind ’n nag in sel

2013-02-02 23:26

Cherise Niemann. | Foto: Cornél van Heerden
 
Vania van der Heever in Nelspruit

Al waaraan Charlie Niemann (29) kon dink toe sy driejarige dogtertjie kaalvoet en in haar pajamas saam met hom in die polisiesel geboender is, was om haar te beskerm teen die dronk aangehoudenes in die aangrensende selle.

Tot die volgende oggend vyfuur het Niemann, van Hazyview in Mpumalanga, oor klein Cherise in die yskoue sel gewaak.

Hy het haar eers in sy arms beskerm en toe later reg langs haar op die betonvloer aan die slaap geraak.

Die nagmerrie het begin toe Niemann Sondagaand 6 Januarie ná ’n paar biere met Cherise in sy bakkie kafee toe gery het om vir haar melk en vir hom sigarette te gaan koop. Reg voor die kafee, net ’n kilometer van sy huis, is hy in ’n padversperring vir dronkbestuur aangekeer.

Niemann hou vol hy was nie dronk nie en het vroeër die aand net twee biere gedrink toe vriende by hom kom kuier het.

“Ons vriende het huis toe gegaan en toe huil Cherise vir melk. Sy wou saam met my kafee toe ry.”

Die polisielede het die kleuter saam polisiekantoor toe geneem en glo geweier om haar huis toe te neem of hom toe te laat om iemand te bel.

Hulle het sy selfoon gevat omdat hy daarmee foto’s en video’s geneem het van ’n huilende Cherise by die selle.

Niemann beweer die polisie­lede het sy bloed voor die kind getrek.

“Hulle het nie die naalde voor my oopgemaak nie en het twee keer my aar misgesteek.

“Dit was verskriklik. My kind was histeries. Die beamptes was onmenslik. Hulle het selfs geweier om vir haar water te gee.

“Toe ons daar aankom en Cherise huil, het een gedreig om haar in ’n sel te gooi as ek haar nie stilkry nie.

“Ons is toe na ’n yskoue sel geneem. My kind het net ’n dun nagrokkie aangehad. Sy moes op die koue beton lê omdat hulle nie vir haar ’n kombers wou gee nie. Ek het gevrees vir ons lewe. Daar was ander oproerige mans in die selle om ons.”

Niemann het intussen ’n klag teen die polisie by die onafhanklike klagtedirektoraat ingedien. Hy verskyn in Julie in die hof vir dronkbestuur.

Stephanie Niemann (30), wat die egpaar se tweede kind verwag, sê sy het die ergste verwag toe die twee nie van die kafee af terugkom nie.

“Ons het Cherise by ’n berader en dit gaan beter. Sy is egter bang vir polisiebeamptes. Wanneer sy ’n polisievoertuig sien, soek sy haar pa en begin histeries huil.”

Kol. Mfundisa Makamu, stasiekommissaris van Hazyview, het by navraag gesê hy gaan die voorval ondersoek omdat hy moeg is vir onreëlmatighede by dié polisiekantoor.

“Dit is onwettig om ’n kind in die polisieselle te sit,” het hy ­gesê.

No comments:

Post a Comment