Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, September 17, 2012

As werklikheid jou plaas se deur oopskop

Deur: Anena Burger2012-09-16 21:31
DIE wind huil vanaand om die hoeke van my plaashuis op Raaswater naby Upington. Daar is meer kraakgeluide as gewoonlik buite op die werf.
My ore is gespits. Op aandag en paraat oor elke geluid en beweging. Die televisiestel is op sy sagste gestel. Ek luister.
Dit is 23:13. Elke kraak en kners word bepaal en geanaliseer.
My kollegas rapporteer bykans daagliks oor plaasmoorde. Dit raak al hoe meer brutaal, geen troos vir die hare in my nek wat pal orent staan nie.
Bang is ek nie, net versigtig, maar nie ’n sweempie sal deurskyn voor my dogtertjie nie.
Hier is ’n trop honde op die werf. My enigste beskerming...vir wat hulle mag werd wees.
Die vrae wat deur my kop maal, terwyl my gesin nou rustig lê en slaap, is amper te veel om te verwoord.
Doen ek die regte ding om so hier op ’n plaas te woon? My dogtertjie is vier jaar oud. Hoe beskerm ek haar in ’n aanval?
Hoe ontsnap ons as die realiteit ons voordeur oopskop?
Sal ek vinnig genoeg by my motor kan kom? Sal ek die plaashek kan oopstamp met my motor as ek moet?
Is die voorsorg wat ek tref voldoende? Sal die polisie weet hoe om ons huis te vind?
Hierdie neiging lê swaar op my hart. Ek, wat grootgeword het op ’n plaas.
Ek ken nie hierdie vreesaanjaende gevoelens nie. In teendeel, ek het tot onlangs nog nagelaat om die huis se deure te sluit. Maar daardie idilliese dae is nou verby.
Saans as almal reeds in droomland is, bevind ek myself op patrollie. Maak seker dat al die deure gesluit is. Dan net weer nog ’n keer.
Die buiteligte brand. Dit lyk soos daglig buite. Nie veel van ’n verweer nie, maar dit is beter as niks. Ek sal later weer die honde ruil. Vanaand sal die Rottweiler weer vir ’n paar uur binne slaap, net om die patroon te breek vir booswigte wat dalk ons bewegings dophou.
My gedagtes dwaal na my pa. Hy boer in die Karoo. Is hy veilig? Hy is nie meer vandag se kind nie...
Ek wil myself oortuig hy is steeds die sterk jong man van my kinderdae en dat niks met hom kan gebeur nie.
Maar ek is lankal nie meer daardie kaalvoetkindjie nie. Dis ’n ander Antjie Somers dié. Nie net ’n bangmaakstorie nie, maar ’n wrede, koue werklikheid.
Volksblad

http://m.news24.com/volksblad/Rubrieke/Goeiemore/As-werklikheid-jou-plaas-se-deur-oopskop-20120916

No comments:

Post a Comment