Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, September 17, 2012

Derde plaasmoord binne week

Deur ALANI JANEKE
17 September 2012

’n Vrou van Mosselbaai is die derde mens wat binne ’n week op ’n plaas in Suid-Afrika vermoor is.



’n Vrou van Mosselbaai is Saterdag, 15 September 2012, tussen inkopiesakke gevind na sy deur ’n verdagte in haar huis op die plaas Potseel-hoogte doodgeskiet is. Dr. Neville Mills, haar eggenoot, sê die verdagte moes haar ingewag het toe sy van die dorp af gekom het.
Luidens ’n berig in Beeld is die 64 jarige mev. Ria Mills met Neville se vuurwapen, wat sy in die huis weggesteek het, doodgeskiet. Sy is op slag dood. Dié voorval volg op die dubbele moord van mnr. en mev. Johan en Cecile Fourie Sondag, 9 September 2012, wreed op die plaas Knoppe naby Trompsburg in die Vrystaat vermoor is.
Vriende het haar in huis gevind
Ria moes Saterdagaand by vriende aan huis gekuier het. Ná sy nie opgedaag het of oproepe beantwoord het nie, het hulle na haar huis gery. Volgens Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, is Mills se liggaam omstreeks 19:45 gevind.
Die verdagte het met die egpaar se voertuig op die vlug geslaan, en dit is later naby die Wolwedansdam gevind. ’n Skootrekenaar en Ria se handsak is glo gesteel.
Neville het die afgelope drie weke locum werk in Secunda gedoen, en sou na die naweek teruggekeer het huis toe. Die egpaar was 40 jaar getroud. Hy het in 2009 by die dood omgedraai na rowers op die gesin in Evander in Mpumalanga toegeslaan het. Hy het ná die voorval ’n nier en twee ribbes verloor.
Bron: Beeld

http://www.landbou.com/nuus/derde-plaasmoord-binne-week

No comments:

Post a Comment