Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, September 17, 2012

Aanval ruk dorp; aanvaller skiet homself

2012-09-15 00:00

Badie Badenhorst
 
Pieter Steyn

VENTERSTAD. – ’n Plaasaanval op ’n bejaarde boer, minder as ’n week ná die wrede dubbele plaasmoord op Johan en Cecile Fourie van Trompsburg, skaars 120km hiervandaan, het boere geruk.
Badie Badenhorst (91) is eergister omstreeks 18:00 op sy plaas, Tolpoort, aangeval en van sy .22-pistool beroof.

Die aanvaller, Koos “Olie” Abrams, het gisteroggend, enkele ure ná die aanval, homself met die gesteelde vuurwapen doodgeskiet.

Na verneem word, het hy die polisie op Venterstad gebel en gesê hy het Badenhorst aangeval en kort ná die oproep selfmoord gepleeg.

Volgens Mario du Preez, buurman van Badenhorst, het Abrams op verskeie plase in die omgewing gewerk.

Badenhorst het alleen op die plaas gebly, nadat sy vrou in 2008 oorlede is.

Dis die tweede aanval wat Badenhorst oorleef het.

Du Preez was eerste op die toneel, nadat Badenhorst alarm gemaak het.

“Oom Badie het by die huis gekom en vir Olie op die werf teëgekom. Olie het gevra vir werk en die oom het gesê hy het nie werk vir hom nie.”

Du Preez sê Badenhorst het die veiligheidshek oopgesluit en Abrams het die boer gestamp.

“Oom Badie het met sy kop teen die baksteenmuur geval. Olie het hom toe herhaaldelik met ’n yster-tuinstoel geslaan totdat die stoel gebreek het.”

Hy het Badenhorst ook verskeie keer in die maag en ribbes geskop.

Abrams het daarna die pistool wat in ’n holster om Badenhorst se been was, gevat en op die boer gerig.

Toe geen skoot afgaan nie, het Abrams deur ’n spruit na ’n naburige plaas gevlug.

Badenhorst het hoofbeserings en erge kneusplekke opgedoen.

Dié aanval kom kort ná die wrede moord op die Fouries, Sondag, toe hulle met ’n byl doodgekap is.

Mari Fourie, skoondogter van die Fouries, was baie geskok toe sy van die aanval op Badenhorst hoor.

“Waar gaan dit eindig? Ek is stomgeslaan.”

Sy sê die familie sukkel om die wreedheid waarmee die Fouries vermoor is, te verwerk.

“Hoekom het hulle nie net geskiet en gegaan nie? Hoekom só wreed? Dit kan net die duiwel wees wat in hulle was.”

Die vermeende moordenaars, Moeketsi Hlassa (27), Nkululeko Mvumvu (26) en Phinias Mothibi (28), is kort ná die moord op die Fouries, ná knap speurwerk, aangekeer. Hulle verskyn op 20 September in die hof op Trompsburg, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

’n Roudiens vir die Fourie-egpaar word vandag om 11:00 in die NG kerk op die dorp gehou.

** ’n Boer van Wartburg in KwaZulu-Natal is gister op sy plaas aangeval. Hy is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.



- Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Aanval-ruk-dorp-aanvaller-skiet-homself-20120914

No comments:

Post a Comment