Die boer is in die voet geskiet en vermoedelik daarna met ’n graaf oor die kop geslaan. Sy identiteit word weerhou omdat sy familie blykbaar nog nie oor sy dood ingelig is nie.
Brig. Thulani Ngubane, kommunikasiehoof van die polisie in Noordwes, het gesê die man en sy 62-jarige vrou het geslaap en wakker geword toe hulle geluide buite hoor.
“Die man het uitgegaan om ondersoek in te stel en is deur ’n gewapende rower wat buite ’n venster in die voortuin gewag het in die voet geskiet.”
Daar word vermoed die boer is toe met ’n graaf, wat op die toneel gevind is, oor die kop geslaan.
“Die vier gewapende mans het die man in die huis ingesleep. Nadat sy vrou hulle by die huis sien inkom het, het sy haarself in die badkamer gaan toesluit,” het Ngubane gesê.
“Sy het daar gebly totdat daar stilte buite die badkamerdeur was.
“Nadat sy uitgegaan het, het sy haar man in ’n plas bloed sien lê.
“Die vrou het die polisie ontbied, maar teen die tyd dat die polisie daar aangekom het, was die rowers reeds weg.”
Paramedici het die man by die huis dood verklaar.
Ngubane het gesê die rowers het ’n Nokia-selfoon en twee gewere uit ’n kluis gesteel. Twee 9 mm-patroondoppies is gevind.
’n Moordsaak word ondersoek.
- Mense met inligting kan die Brits-polisiekantoor by 012 381 6035 skakel.
http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Boer-op-hoewe-vermoor-vrou-skuil-in-badkamer-20120905
No comments:
Post a Comment