Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 6, 2012

Nuwe skoolboeke langs hof weggegooi

Nuwe skoolboeke langs hof weggegooi

2012-09-05 22:14

Marietie Louw-Carstens
Polokwane. – Meer as 200 nuwe skoolhandboeke wat weggegooi is, is gister langs die landdroshof in die stad gekry.

Dit is die hoeveelste voorval sedert Julie waar nuwe skoolhandboeke in Limpopo weggegooi is.

Die boeke wat gisteroggend gekry is, is vakhandboeke vir vanjaar se leerplan in Engels en Afrikaans vir verskillende grade. Dit is onduidelik wie die boeke weggegooi het en wanneer dit gedoen is. Die polisie ondersoek die voorval.

Intussen weier die onderwysdepartement in Limpopo om inligting bekend te maak oor sy beleid om ou skoolhandboeke te vernietig.

Desiree van der Walt, DA-woordvoerder oor onderwys in Limpopo, het gesê die departement het tot môre tyd om die inligting bekend te maak.

“Indien dit nie gebeur nie, gaan ons die Menseregtekommissie vra om ’n ondersoek te doen.”

Die DA het die departement meer as ’n maand gelede ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gevra om sy beleid oor die vernietiging van handboeke bekend te maak.

Van der Walt het gesê dit lyk of die departement “nie verstaan dat inligting in ’n demokrasie openbaar gemaak moet word nie, of die boeke is vernietig sonder enige magtiging”.

Pat Kgomo, woordvoerder van die departement, het nie gister op navrae gereageer nie.
 

No comments:

Post a Comment