Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 6, 2012

Volksmoordklag teen ANC regime

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het 'n klag van Volksmoord teen die ANC regime by die Internasionale kriminele hof in Den Haag gelê. Verskeie ander organisasies het sedertdien hul steun vir die klag gewys deur hulself as klaers tot die klag te voeg.
Die kantoor van die aanklaer van die Internasionale Kriminele Hof het in 'n skrywe, ontvangs erken van die klag (klag nr. OTP-CR-31/12). Die aanklaer het vervolgens ook bekend gemaak dat die saak ingevolge artikel 53 van die Roomse Statuut ondersoek word.
As beweging wat homself tot geregtigheid vir ons volk se saak verbind het, is Die Verkennersbeweging verheug dat die internasionale gemeenskap se juridiese instellings van die kommerwekkende situasie waarin ons volk homself bevind begin kennis neem. Danksy verskeie aksies deur Die Verkenners
waarin hul die waarheid van die volksmoord teen ons volk en gepaardgaande vertrapping van ons volk se waardes aan die internasionale gemeenskap oordra, word daar toenemend druk op die ANC regime van Suid-Afrika geplaas.
Mnr. Ben Geldenhuys, president van Die Verkennersbeweging, het ook aangedui dat Die Verkenners onverskrokke sal voortgaan om die Boere-Afrikaner se saak uit te dra en te bevorder.
 
 
Die Verkenners se webwerf

No comments:

Post a Comment