Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Friday, September 14, 2012

Ekslusief! Opleiding van geheime jeugkrygsmag in plakkerskampe

Geskryf deur Praag
Vrydag, 14 September 2012 09:19
PRAAG het vandeesweek eerstehandse inligting bekom dat 'n geheime krygsmag van swart jeugdiges in plakkerskampe rondom Johannesburg gerekruteer en opgelei word. Ná opleiding ontvang die lede van die krygsmag 'n maandelikse loon van R2200 wat in kontant uitbetaal word vanuit staatsvoertuie met regeringsregistrasienommers.
Die opleiding mag verband hou met die sogenaamde jeugdienskorps, oftewel Narysec, waaroor verlede jaar in Julie in die media berig is. Maar die geheime krygsmag, anders as Narysec, word suiwer militêr en veral in die hantering van outomatiese wapens opgelei. Blykbaar staan die nuwe krygsmag onder beheer van uitgesoekte polisie-offisiere. Dit is bekend dat 'n aansienlike aantal polisie-offisiere deesdae uit voormalige offisiere van die ANC se krygsmag, Umkhonto we Sizwe, bestaan.
Volgens 'n vertroulike veiligheidsverslag wat in PRAAG se besit is, is 'n kaptein Mokwena van die Muldersdrift-polisiekantoor sedert Oktober of November besig om swart jeugdiges in plakkerskampe, waaronder die Joe Slovo-nedersetting, rondom Lanseria vir opleiding te werf. Mokwena is ook gemoeid met gemeenskapspolisieforums in die gebied.
Luidens die verslag is "verskeie vergaderings in die Joe Slovo-plakkerskamp gehou waartydens jeugdiges meegedeel is dat hulle vir die polisieforum gewerf sou word. Slegs jeugdiges met matriek is vir opleiding gesoek. Hulle is ook meegedeel dat hulle lesings sou moes bywoon en daarna 'n maandelikse salaris sou ontvang.
"In die Joe Slovo-plakkerskamp het 'n polisieforumlid, me. Ntshabeleng, kaptein Mokwena gehelp om ongeveer tien lede te werf wat in die plakkerskamp woon. Soortgelyke werwings het klaarblyklik ook in ander plakkerskampe in dieselfde gebied plaasgevind."
Oor die afgelope tyd is verskeie moorde in die Muldersdrift-omgewing gepleeg. Op 11 September 2012 het die Johannesburgse Engelstalige koerant, The Star, berig dat "93% van huishoudings in 'n enkele straat in Muldersdrift, noordoos van Johannesburg met geweldsmisdaad geteiken is". Die berig is geskryf na aanleiding van die koelbloedige moord op die 13-jarige Allyssa Botha. Vanoggend het RSG verslag gedoen dat die Bothas se bure intussen aangeval is.
'n Veigheidskenner met wie PRAAG gesels het, sê: "As 93% van huise in 'n gebied aangeval word, kan 'n mens nog van 'misdaad' praat? Of is dit oorlog? Is dit toeval dat die geheime jeugkrygsmag juis in dieselfde gebied opgelei en ontplooi is?"
Jeugdiges in die Joe Slovo-plakkerskamp het ná hul werwing ongeveer twee lesings bygewoon. Op Saterdag 13 Februarie 2011 om 10.00 voormiddag het kaptein Mokwena 'n groep gewerfde jeugdiges in Joe Slovo toegespreek en gesê dat een van diegene wat in 2010 in hul plakkerskamp gewerf is vir opleiding Bloemfontein toe gestuur sou word. Tydens die vergadering het kaptein Mokwena aangetoon dat slegs een jeugdige per plakkerskamp daarheen gestuur sou word en dat hulle ongeveer sestig uit die omgewing sou wees. Volgens kaptein Makwena sou die groep op 15 Februarie 2011 vir militêre opleiding vertrek, wat ongeveer ses maande sou duur.
Benewens jeugdiges, word misdadigers ook vir die krygsmag gewerf. 'n Bekende misdadiger in die Joe Slovo-plakkerskamp, wat slegs onder sy voornaam van Smanga bekend is, is ook "gekeur" om die opleiding in Bloemfontein by te woon. Smanga se broer, Mazambia, dien reeds 'n vonnis vir gewapende roof uit. Sy tweede broer Tebogo word tans deur die polisie in Muldersdrift en Brits vir gewapende rowe en inbrake gesoek.
Volgens die veiligheidsverslag het Smanga op 15 Februarie 2011 na Bloemfontein, blykbaar die Tempe-weermagbasis, vir opleiding vertrek.
Kaptein Mokwena het sedert Februarie verlede jaar gereeld die Joe Slovo-plakkerskamp besoek en aan die oorblywende jeugdiges wat vir die krygsmag gewerf is, gesê dat hul opleiding iewers in die Kaap sou plaasvind.
Op 4 Maart 2011 het kaptein Mokwena die Joe Slovo-plakkerskamp om 19.00 besoek en gesê dat die jeugdiges wat na Bloemfontein vir opleiding gestuur is, binne 'n week terug sou wees en dat die "Youth Desk" op Maandag 7 Maart 2011 sou begin. Alternatiewelik word daar ook na die groep as die "Task Desk" verwys. Terwyl die ANC in ballingskap was, het hy graag van die term "Desk" gebruik gemaak, soos in "Cultural Desk", "Foreign Desk", ens.
Die Joe Slovo-plakkerskamp, asook ander nedersettings in die gebied, word as ANC-vestings beskou. Geen ander politieke party word in die omgewing toegelaat nie, volgens 'n inwoner wat anoniem wou bly. Intimidasie vier hoogty en daar is selfs gerugte dat inwoners wat ander politieke partye ondersteun, gedood is.
Die misdadiger Smanga was teen Vrydag 18 Maart 2011 om 19.30 weer in die Joe Slovo-plakkerskamp terug. Hy het aan die oorblywende rekrute gesê dat:
  • hulle iets meer as veertig jeugdiges was wat opleiding in die SANW- militêre basis in Bloemfontein ondergaan het;
  • hulle in selfverdediging ("self-defence") opgelei is;
  • hulle met outomatiese wapens opgelei is (hy het foto's getoon waar hy met so 'n wapen staan);
  • hulle 'n serfifikaat vir hierdie opleiding ontvang het;
  • die sertifikaat gebruik kan word om by die SAPD of SANW aan te sluit;
  • die volgende groep jeugdiges op 24 Maart 2011 vir hul opleiding sou vertrek;
  • die volgende opleiding in die Kaap sou plaasvind;
  • hulle nou as die "Task Desk" bekendstaan;
  • hulle steeds 'n salaris ontvang;
  • die opleiding uiters straf is en hy niemand kan aanbeveel om dit te ondergaan nie.
Smanga het ook 'n uniform aangehad wat uit 'n bruin hemp en groen broek bestaan. Op foto's wat hy vertoon het, dra hy ook 'n hoed.
Blykbaar was die jeugdiges geskok om oor die streng, strawwe en militêre aard van die opleiding te verneem en sommige was agterna onwillig om met die projek voort te gaan.
Oproepe na die Mulderdrift-polisiekantoor om met Kaptein Mokwena te praat, is nie beantwoord nie.
 

No comments:

Post a Comment