Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 15, 2012

Geweld nodig, sê baie van Cosatu

Deur: Maryna Lamprecht2012-09-14 23:20
Sowat die helfte van Cosatu-lede meen geweld is nodig om die gewenste resultaat uit ’n staking te kry.

Dit blyk uit ’n peiling wat Naledi, Cosatu se navorsingsinstituut, vanjaar onder meer as 3 000 lede van die vakverbond gedoen het. Luidens Cosatu se voorlopige verslag is daar al hoe meer bewyse dat geweld tydens stakings aan die toeneem is. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het die verslag opgestel.

“Geweld tydens stakings is gepas omdat dit die gevolg is van die pyn wat werkers ervaar. Dit is ’n manier om uitdrukking te gee aan hoe ons voel,” het een van die respondente gesê.

Nog een het gesê stakende werkers gebruik geweld om te verseker die werkgewer rea- geer gou op die werkers se eise sodat hulle kan teruggaan werk toe om lone te verdien. In Suid-Afrika het werkers geen ander manier om gehoor te word nie.

“Geweld en stakings is die taal wat hulle (die werkgewer) die beste verstaan,” het nog ’n werker gesê.

Volgens Vavi wys dié antwoorde Suid-Afrika het ’n probleem op hande. “Dis nie ’n probleem wat deur morele pleidooie opgelos kan word nie.”

Luidens die verslag is 60% van lede ontevrede met die salarisse wat vakbonde namens hulle beding.

http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Geweld-nodig-se-baie-van-Cosatu-20120914

No comments:

Post a Comment