Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 15, 2012

Polisie slaan toe op mynwerkers se wonings

2012-09-15 10:30

Rustenburg – Die polisie het vroegoggend klopjagte uitgevoer op mynwerkers se wonings in die gebied van Lonmin se Marikana-myn, het die BBC berig.

Thulani Ngubane, ‘n polisiewoordvoerder, het aan die nuusagentskap AFP gesê sowat 500 polisiebeamptes het aan die klopjagte deelgeneem.

Volgens die woordvoerder het die polisie beslag gelê op die mynwerkers se spiese en ander wapens.

Ngubane het bygevoeg dat die polisie 12 mense in hegtenis geneem het.

Die regering het vroeër aangekondig dat hy “onwettige saamtrekke” nie sal duld nie en dat hy stakers se wapens van hulle sal wegneem.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisie-slaan-toe-op-mynwerkers-se-wonings-20120915

No comments:

Post a Comment