Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, September 9, 2012

Gifstowwe in Durban se seewater – verslag

2012-09-08 16:30
Durban – Tagtig persent van Durban se seewater wat in die afgelope jaar getoets is, het nie aan Suid-Afrikaanse waterstandaarde voldoen nie, het die Independent on Saturday berig.

Die toetse, wat deur die eThekwini munisipaliteit se departement van water en sanitasie uitgevoer is vir die jaar wat in Julie eindig, het hoë vlakke van E.coli en Enterococcus, wat cholera en gastro-intestinale siektes veroorsaak, opgelewer.

Die koerant berig verder dat prof. Hideshige Takada van die Tokio Universiteit van Landbou en Tegnologie sê Durban se Isipingo-strand het die hoogste vlakke van benseenheksachloried (HCH) in die wêreld.

HCH is ‘n toksiese stof wat gebruik word as ‘n pesdoder op gewasse en hout en om kopluise te behandel.

Takada se navorsing is gebaseer op monsters wat uit 200 gebiede oor die wêreld heen geneem is.

Konsentrasies van HCH in Durban was 61 nanogram per gram (ng/g), terwyl dit in Port Elizabeth 5 ng/g was en op die Kaapse Weskus 3 mg/g gemeet het.
http://m.news24.com/nuus24/Sci-tech/Nuus/Gifstowwe-in-Durban-se-seewater-verslag-20120908

No comments:

Post a Comment