Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, September 12, 2012

Julius teiken soldate

Deur: Maryna Lamprecht2012-09-11 23:26
Die minister van verdediging het gistermiddag ’n dringende vergadering belê nadat dit aan die lig gekom het dat die weermag Julius Malema se volgende teiken is.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gesê die departement van verdediging sal nie toelaat dat Malema die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) destabiliseer nie.

“Die land kan nie dit bekostig dat soortgelyke onstabiliteit (as in die mynbousektor) in die weermag opgestook word nie.

“Die SANW is die laaste linie vir die verdediging van die land se soewereiniteit en integriteit en ons kan nie toelaat dat enigiemand daarvan ’n politieke speelbal maak nie,” het die departement in ’n verklaring gesê.

Nadat Malema duisende mynwerkers die afgelope paar weke aangevuur het om ’n landwye “mynrevolusie” te begin, praat die voormalige president van die ANC-jeugliga vandag met soldate in Lenasia, suid van Johannesburg.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die Friends of the Youth League (FYL), het gesê die besoek is in reaksie op “versoeke en pleidooie” van soldate dat Malema na hul griewe en eise moet kom luister.
“ ’n Lang ruk al word ’n belangrike komponent van Suid-Afrika se weermag gemarginaliseer en met ontslag gedreig wanneer hulle hul opregte kommer oor werkomstandighede en salarisse lug.”

Die departement het gewaarsku daar sal ernstige gevolge wees vir soldate wat dié vergadering bywoon omdat die SANW nie toestemming vir die byeenkoms gegee het nie.

Vandag se gesprek met weermaglede vind plaas nadat Malema gister sowat 2 000 stakende mynwerkers by die Goldfields-myn naby Carletonville toegespreek het as deel van die FYL se “mynrevolusie”.
Malema dreig al weke lank om al die myne in Suid-Afrika onbeheerbaar te maak en het gesê sy mynrevolusie is nou op dreef.

“Dit is ’n ernstige revolusie. Moenie moed opgee nie.”

Hy het gesê mynwerkers moet ’n landwye staking begin en daarmee volhou totdat die NUM-leierskap bedank. “Kamerade, julle is leierloos, maar julle is nie alleen nie. Ons word aangemoedig deur wat julle doen.”

Hy het gesê Zuma word omgekoop om die myne te beskerm en dít is waarom hy niks aan hul lot doen nie.

Mynwerkers met wie Beeld gepraat het, het gesê hulle is nie bang om te staak ná wat by Marikana gebeur het nie en is nou meer vasbeslote as ooit om in opstand te kom.

Cosatu het gesê Malema speel ’n gevaarlike spel.


1 comment:

  1. Die gebeure en selfs die volgorde waarin dit ontplooi word,is niks nuuts nie. Diegene wat weet hoe die magsspel deur die swart volk gespeel word, het wat nou gebeur, reeds '94 aan die res van die blankes probeer meedeel, maar moes met bitterheid en magteloosheid toesien dat niemand wou glo dat dit wat in Zim' gebeur het, ook hier in SA kon gebeur nie. Dieselfde trauma in presies dieselfde volgorde, is egter besig om hom ook hier aan die suide van Afrika, af te speel. Dis egter ongelooflik om steeds te sien dat baie van die liberale balkes stééds nie glo dat die geskiedenis hom gaan herhaal nie. Hoeveel boere moet nog vermoor word en hoeveel geweldadige insidente moet nóg plaasvind, voordat sommiges se oë sal oopgaan.

    ReplyDelete