Johan en Cecile Fourie, beide in hul sewentigs, is Sondag in hul plaashuis oorval en vermoor.
Rulene Kühn, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het volgens OFM gesê twee 27-jarige mans is Dinsdagmiddag in Bloemfontein in hegtenis geneem. 'n Ander man, wat 28 jaar oud is, is kort daarna in Trompsburg aangekeer.
Die verdagtes sal volgens Kühn Donderdag in die Trompsburg-landdroshof op moordaanklagte verskyn.
Speurders het glo beweer dit is een van die grusaamste moordtonele wat hulle al ooit gesien het.
Bloed het matte, teëls, mure en deure regdeur die huis bevlek, het Volksblad vroeër berig.
http://m.news24.com/nuus24/Suid-Afrika/Nuus/Drie-vasgetrek-vir-Trompsburg-plaasmoorde-20120911
No comments:
Post a Comment