"Daar moet 'n nasionale staking by alle myne wees totdat Frans Baleni en die NUM-leierskap bedank," het Malema gesê toe hy 'n volgepakte stadion by die Gold Fields-Wes-goudmyn toegespreek het.
Sowat 15 000 werkers neem aan 'n staking by dié myn deel.
"Die probleem is nie die NUM nie - die probleem is die leierskap wat geld kry by mlungu (wittes)."
Hy het gesê die eis van 'n salaris van R12 500 per maand vir werkers "is 'n werklikheid".
"Comrades, julle het nie leiers nie. Julle is leierloos. Julle is nie alleen nie. Ons is bemoedig deur wat julle doen," het Malema gesê.
Hy het gesê om myne onregeerbaar te maak, beteken nie geweld nie - dit " beteken om te staak (downing tools)" .
Hy het gesê hy en diegene wat hom vergesel het na die myn gereis om die "regte revolusionêre" te ontmoet.
"Hierdie is 'n ernstige revolusie. Moet nie opgee nie." - Sapa
http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Malema-vra-nasionale-staking-20120911
No comments:
Post a Comment