Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, September 17, 2012

Lonmin sluit skag, kanselleer arbeidskontrak

Maandag, 17 September 2012 16:22 SAPA
Lonmin sal voortaan slegs instandhoudingswerk by sy K4-skag doen en het 'n kontrak met Murray & Roberts, wat aan sowat 1 200 arbeiders werk verskaf, beëindig, het die maatskappy Maandag gesê.
'n Staking by dié myn duur steeds voort.
Die maatskappy sê hy het op 26 Julie reeds aangekondig dat hy in die lig van swak pryse 'n deel van die kapitaalbesteding by sy K4, Hossy- en Saffy-skagte in die Rustenburg-omgewing sal opskort in 'n poging om jaarlikse kapitaalbesteding vir 2013/14 na $250 miljoen (sowat R2 miljard) per jaar te verminder.
"Lonmin wil ook vandag aankondig dat hy sy K4-skag slegs in stand sal hou as deel van daardie hersiening van kapitaalbesteding," het die maatskappy in 'n verklaring gesê.
"Die maatskappy het vandag kennis gegee om sy kontrak met Murray & Roberts van 17 Oktober 2012 te beëindig. Dit is die kontrakteur wat sowat 1 200 werkers vir die K4-skag beskikbaar stel."
Produksie het tot stilstand gekom toe werkers by Lonmin se platinummyn in Marikana op 10 Augustus begin staak het. Hulle eis 'n maandelikse loon van R12 500.
Die staking het intussen na ander myne in die omgewing versprei.
 

No comments:

Post a Comment