Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Monday, September 17, 2012

Die Woolworths groep kreun onder blanke protes

September 13, 2012

Sedert die Woolworths kettinggroep sy diskriminasie teen blankes uitgebrei het, het dié winkelgroep te doen gekry met die argwaan van menige blankes.
Die Vryburger verneem dat blankes, hoofsaaklik Afrikaanssprekendes, Woolworths se geduld tot die uiterste beproef. Nie minder as vyf winkels het al deurgeloop onder die woede van blankes wat besig is met ’n veldtog om dié kettinggroep tot die besef te bring dat sowat 81% van sy verkope aan blankes is.
Blankes gaan die winkel binne, soms tot 10 persone, koop trollie vragte goedere wat wissel van linneware, klere en voedsel, laat dit lui by die kasregister, en kla oor daar nie Afrikaans gepraat word nie, en kla ook omdat daar geen blankes sigbaar is as personeel nie.
Dan word daar doodluiters uitgestap en die personeel moet toesien dat die goedere weer op die rakke kom en die kasregister moet die verkope kanseleer.
By een winkel was die ontwrigting sodanig dat mense wat te lank moes wag by die register, die bietjie goed wat hulle wou koop, maar gelos het en elders gaan koop het.
Navrae by die winkels het niks opgelewer nie en in een geval is die foon summier neergesit sonder om kommentaar te lewer.

http://www.dievryburger.co.za/2012/09/die-woolworths-groep-kreun-onder-blanke-protes/

No comments:

Post a Comment