Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 6, 2012

Majuba 2013

Die Majuba Trust het bekend gemaak dat die Boere-Afrikanervolksraad verantwoordelikheid aanvaar het vir die aanbied van Majuba 2013.
Volgens ‘n woordvoerder van die Boere-Afrikanervolksraad word daar beplan om Majuba 2013 een van die beste en mees aanskoulike Majubafeeste te maak.
Die Majubafees word jaarliks op die laaste naweek van Februarie gehou ter herdenking van die Slag van Majuba tydens die eerste vryheidsoorlog.
“Majubanaweek is wanneer ons mense moed skep jaarliks vir die stryd, daarom het die Boere-Afrikanervolksraad aangebied om die fees in 2013 aan te bied. Dit is ons manier om die volk te bedank vir die harde werk die vorige jaar en omdat hulle ons arms hoog gehou het om ons mandaat uit te voer. Ook hoop ons om ons mense te inspireer vir die stryd wat voorle.” het die woordvoerder gese.
Daar word beplan om die beste items van vorige feeste as deel van Majuba 2013 te maak. “Ons het reeds met die eienaar van die reuse Vierkleur bevestig, die vlag sal daar wees!”
Daar word ook verneem dat Sunette Bridges tydens Majuba 2013 sal optree.
“Daar is nog heelaat verrassings vir Majuba 2013, sommige items sal ons binnekort bekend maak, maar ander sal eers tydens die fees bekend gemaak word.”
Twee groepe uit Europa het reeds bespreek vir Majuba 2013 en sal ook tydens die fees groete boodskappe aan die volk oordra uit Europa.
“Die tema van Majuba 2013 is “laat die Vierkleur wapper” en ons doen ‘n beroep op volksgenote om Vierkleurvlae saam te bring na die fees toe.”
2013 is ook die 175ste herdenking van die Groottrek en gevolglik sal daar ook aan hierdie grootse gebeurtenis aandag gegee word tydens Majuba 2013.

http://www.dievryburger.co.za/2012/09/majuba-2013/

No comments:

Post a Comment