Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Thursday, September 6, 2012

Stakers dreig om kele af te sny

2012-09-06 04:00
 
Verslagspan

JOHANNESBURG. – Terwyl Lonmin na verwagting gister sou aankondig dat hy tot die helfte van sy 14 platinumskagte rondom Rustenburg gaan sluit weens die verliese wat die staking meegebring het, het duisende stakende myners gedreig om die mynbestuur “keelaf te sny”.

Dít tensy alle bedrywighede by die myn vir eers gestaak word en aan hul eis vir ’n salaris van R12 500 voldoen word. Hulle het gedreig om die myn “tot op die grond af te brand”.

Die moontlike sluiting spruit onder meer daaruit dat die helfte van die groep se skagte verby die grootste deel van hul leeftyd is. Lonmin is die land en die wêreld se derde grootste platinumprodusent. Die groep het uitstekende reserwes, maar die meeste daarvan is in die ertsgraadrif. ’n Baie kleiner gedeelte van sy erts bestaan uit die ryker, makliker ontginbare Merensky-rif.

Die sowat 5 000 betogende stakers, van wie talle knopkieries, stokke en ysterstawe rondgeswaai het, het omstreeks 10:00 padlangs vanaf Wonderkop, oorkant die Marikana-skag by die myn se westelike operasies, weggespring. Vandaar het hulle deur die dorp die sowat 5 km na die Karee-skag by die myn se oostelike operasies gestap, waar ’n afvaardiging van vyf mynwerkers langer as ’n uur met die polisie en mynbestuurder, Jan Thirion, onderhandel het.

Die stakende werkers is daarna terug Wonderkop toe, maar het belowe om vanoggend na die oostelike skag terug te keer om seker te maak dat nie eens die 4,2% werkers wat gister gewerk het daar is nie. Die stakers het gesê daar mag “absoluut niemand” by die skag wees nie.

Die stakers by die Karee-skag het ná hul samesprekings met Thirion met dreunsang en slagspreuke in verskeie groot groepe deur polisie-Nyala’s met hul waterkannonne en verby kombi’s vol swaargewapende lede van die polisie intervensie-eenheid gevleg terwyl twee helikopters stadig bokant hulle gesirkel het.

  • Die vakbond Solidariteit het gister klagte van intimidasie en aanhitsing tot geweld teen Ju­lius Malema by die polisie ingedien. Sedert die Marikana-slagting het die voormalige ANC-jeugleier mynwerkers by myne in Gauteng en Noordwes besoek en hulle aangemoedig om nie terug te keer werk toe nie en nie die regering, mynbase of politici te vertrou nie. Hy het ook belowe om ’n mynrevolusie in die land uit te voer en al die myne onregeerbaar te maak.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het hulle geen ander keuse gehad as om klagte by die polisie in te dien nie.


  • Verslagspan: Ügen Vos, Jan de Lange en Maryna Louw
    - Die Burger
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Stakers-dreig-om-kele-af-te-sny-20120906

No comments:

Post a Comment