2012-09-07 21:54
Buks Viljoen
’n Dag nadat ’n musiekonderwyseres van die Hoërskool Ermelo
haar 41ste verjaardag gevier het, is sy keelaf gesny.
Annemarie Birk se man, Lodewyk, het gisteroggend op haar lyk afgekom nadat sy hom by die werk gebel en hy net ’n geroggel oor die foon gehoor het.
Sy is ook vyf keer met ’n mes in die maag gesteek.
Dit lyk of sy in die huis aangeval is kort nadat Lodewyk werk toe is.
Daar was duidelike tekens van ’n verbete struweling tussen haar en haar moordenaar(s), het kapt. Carla Prinsloo, polisiewoordvoerder, gesê.
Lodewyk werk as IT-spesialis vir die Msukaligwa-munisipaliteit.
Annemarie het die hek van hul huis in Theronstraat 44 blykbaar omstreeks 07:15 vir hom oopgemaak om werk toe te gaan.
’n Paar minute later het sy hom gebel.
Daar was net ’n geroggel oor die foon en hy het teruggejaag huis toe.
In die hoofslaapkamer het hy op sy vrou se lyk afgekom waar sy in ’n plas bloed langs die bed voor die venster gelê het.
Sy was nog in haar pajamabostuk en broekie en die klere wat sy die dag sou dra, het langs haar op die bed gelê.
Tans word net haar selfoon uit die huis vermis. Die moordwapen is ook soek.
Teen druktyd was dit nog nie duidelik hoe haar moordenaars by die huis ingekom het nie.
Forensiese kundiges van die polisie het die huis gister vir leidrade gefynkam.
Binne ’n uur ná die moord is ’n verdagte ’n paar straatblokke van die huis af aangekeer, maar hy is ná ondervraging vrygelaat.
“Haar moord in ’n absolute tragedie vir ons skool,” het Bok Martins, skoolhoof, gister gesê.
Volgens hom het Annemarie die afgelope nege jaar vir die skool gewerk.
“Sy kon toor met snaarinstrumente en ons het haar destyds in die Kaap gaan werf om by die skool se musieksentrum betrokke te raak.
“Ek het gisteraand (Donderdagaand) net ná 18:00 nog met haar gepraat om haar met haar verjaardag geluk te wens. Ons en die kinders is baie geskok oor die voorval.”
Janice de Jager, die egpaar se buurvrou, het gesê: “Sy was ’n klein, fyn, stil en stemmige vroutjie.”
Hulle was die afgelope agt jaar bure.

No comments:
Post a Comment