Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Sunday, September 9, 2012

Boer vermoor: 'Dit was my broer'

deur Elize Perrin
2012-09-06 09:41
Die persoon waarna verwys word in die artikel "Boer vermoor, vrou skuil in badkamer", was my broer: die oudste van ses kinders wat op genoemde hoewe grootgeword het.

Ons bron van plesier, die hoewe, het skielik in 'n onheilsplek verander ná die sinnelose moord op my Ouboet.

Hy was 'n gesonde 65 jaar oud en het nie self geboer nie; die grond is verhuur.

Die geweld en wreedheid waarmee die moord gepleeg is, is ongelooflik.

Om die verhouding wat my broer met sy ander broers en susters gehad het te probeer beskryf, is 'n onmoontlike taak. Hy was 'n omgee-, nie-aggresiewe mens oor wie ek boeke vol lof kan skryf.

Hy het die boosdoeners van sy vrou af weggehou en geveg, maar die vlak was ongelyk: vier teen een en hy was ongewapen.

Ek moet nou my tasse pak vir die begrafnis . . . en ek wil nie, want dis so finaal.

As daardie boosdoeners net kan weet wat hulle aan 'n familie en vriendekring gedoen het.

Hierdie was een man wat nie verdien het om so te sterf nie. Hulle kon sy liggaam neem, maar nie sy gees nie.

Mooi herinneringe en krag van Bo sal ons ander hierdeur dra, alhoewel dit nie maklik gaan wees nie.

No comments:

Post a Comment