Hul seun het kort ná 15:00 op die paartjie, wat beide in hul laat sewentigs was, afgekom.
Die polisie vermoed dat hulle deur rowers vermoor is, aangesien van hul besittings geneem is.
‘n Familielid, Wolfgang Wollauzz, sê vriende van die paartjie het bekommerd geraak toe hulle nie vir ‘n afspraak opgedaag het nie.
Hy sê hul seun, wat gevolglik na hul huis gegaan het, het op hul lyke afgekom.
“Toe hy inkom was sy ouers vasgebind en (met plastieksakke) versmoor.”
Kym Cloete, die polisie se woordvoerder, sê ‘n moordondersoek is onderweg.
http://m.news24.com/nuus24/Suid-Afrika/Nuus/Seun-vind-ouers-se-lyke-in-huis-20120908
No comments:
Post a Comment