Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, September 4, 2012

PRAAG vra vir boikot van die 'haatgroep' Woolworths

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep doen 'n beroep op alle verbruikers die kettingwinkel Woolworths, maar ook die maatskappy se Country Road-handelsmerk, te boikot. Woolworths het dit onlangs duidelik gemaak dat die groep nie blanke werkaansoekers in ag neem nie.
Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, verklaar: "Vir 'n hele aantal jare reeds poog ons om met Woolworths oor hul anti-Afrikaanse beleid te praat, sonder enige welslae. Hierdie jongste uiting van antiblanke rassisme is die laaste strooi. Ons doen 'n beroep op al ons lede en die algemene publiek, veral Afrikaners, maar ook alle blanke Suid-Afrikaners en nie-rassistiese mense onder ander bevolkingsgroepe om Woolworths te boikot."
Die sanger Steve Hofmeyr en ander Afrikaanse openbare figure het hul reeds op Twitter ten gunste van 'n boikot uitgespreek.
Gedurende 'n noodvergadering van PRAAG se Menseregtekomitee is Woolworths as 'n haatgroep geklassifiseer. "Dienooreenkomstig sal ons hierdie klassifikasie wêreldwyd aan menseregtegroepe kommunikeer, veral in lande met groot Europese bevolkings. Ons gaan insgelyks die Raad van Europa en die Europese Menseregtekommissie kontak en hulle versoek om Schengen-visums aan alle werknemers van Woolworths te weier. In dié opsig moet mnr. Simon Susman en sy medebestuurders dieselfde behandeling as Robert Mugabe en sy trawante ontvang. Indien Woolworths befondsing vanaf beleggers of banke ontvang, sal ons hulle ook teiken en versoek om beleggings in Woolworths te onttrek," sê Roodt.
Hy is van mening dat Woolworths nie agter regeringswetgewing kan skuil nie. "Waar die regering wetgewing uitvaardig wat maatskappye verplig om suiwer op 'n rassegrondslag teen blankes te diskrimineer, is dit strydig met die volkereg en behoort deur individue en privaatmaatskappye geïgnoreer te word. Suid-Afrika is 'n ondertekenaar van die meeste internasionale menseregteverdrae wat sulke wette ongeldig maak."
Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) is 'n NRO in Suid-Afrika, wat in Februarie 2000 gestig is. Dit is 'n beweging van Afrikanerintellektuele, professionele lui, boere, studente en ander wat 'n veldtog vir die regte van Afrikaners en blanke Afrikane in die algemeen voer, asook vir gelykheid met swartes wat eiendomsreg, taal, toegang tot onderwys en die reg om handel te dryf, betref.
 

No comments:

Post a Comment