Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 1, 2012

SA, `n boewe staat

‘n Taxibestuurder van Embalenhle naby Secunda wat afgetrek is het beswaar gemaak omdat hy ‘n boete gekry het. “Daar was talle probleme met die taxi en toe ons die boete aan hom wou gee, het hy met die verkeersbeamptes begin stoei.” Die man is gearresteer en na die polisiekantoor geneem. Die taxi-eienaar het kort daarna by die toneel opgedaag en die verkeersbeamptes glo met die dood gedreig. ‘n Aantal taxi’s het daar stilgehou en teen hul kollega se arrestasie betoog.
“Hulle het ons lede omsingel en ‘n verkeersbeampte het ‘n waarskuwingskoot geskiet om hulle uit mekaar te dryf,” het Mabuza van die verkeersdepartement gesê. Die verkeersbeamptes het gevlug toe hulle met klippe bestook is. Twee polisiemanne is beseer toe hulle met die taxibestuurders slaags geraak het. ‘n Verkeersman is teen die kop getref. In die Haas om te vlug het die beamptes ‘n verkeersmotor agtergelaat.
Die betogende taxibestuurders het dit aan die brand gesteek, waarna hulle na die polisiekantoor opgeruk, en aangedring het dat hul kollega vrygelaat word.

http://www.suidlanders.co.za/?p=3492

No comments:

Post a Comment