Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Saturday, September 15, 2012

Só verraai die DA volgelinge met SEB

2012-09-16 00:49
Die meeste lesers van dié rubriek is waarskynlik wit, Afrikaanssprekend, middelklas en hardwerkende belastingbetalers.

Sou hulle stem, is dit waarskynlik vir die Demokratiese Alliansie (DA) omdat hulle glo dié party bevorder hul belange beter as enige ander party. Hul steun is waarskynlik een van die groot redes waarom die DA die laaste tyd so snel gegroei het.

Maar die DA se ondersteuners moet hulle staal: Hulle gaan verraai word omdat die DA ten opsigte van sy partybeleid op koers is om dieselfde rassistiese en sinlose swart ekonomiese bemagtigingsbeleid (SEB) te aanvaar wat die ANC die afgelope tien jaar inspan om teen wit mense te diskrimineer.

Die DA het sy nuwe SEB-beleid op 28 Augustus uitgereik. Daar is egter niks nuuts in nie. Die DA sê dat hy in die breë saamstem met die SEB-wetgewing wat deur die ANC-regering ingestel is.

’n Sentrale komponent van die ANC se SEB-beleid is ’n telkaart waaraan private ondernemings se bemagtigingstatus gemeet word. Dié status word bepaal deur hoeveel swart personeellede, bestuurders en aandeelhouers ’n onderneming het; ook wat die werkgewer doen om swart mense se vaardighede en ondernemings in swart besit te help ontwikkel en hoeveel dienste en produkte ’n onderneming van swart sakelui koop.

Vaar jy vrot op dié telkaart, het jy ’n probleem omdat jy nie met die regering sake kan doen nie en ook omdat ander ondernemings nie met jou sake sal wil doen nie.

Die staat kan entrepreneurs dus straf as hulle nie rasteikens haal nie.

Dié benadering tot bemagtiging is egter gedoem.

Dit is gedoem omdat dit die uitgangspunt huldig dat die verantwoordelikheid om swart Suid-Afrikaners te bemagtig by wit mense berus. Dié uitgangspunt is nie net rassisties nie, maar ook ontmagtigend teenoor swart mense omdat dit suggereer hulle kan net suksesvol wees met wit mense se hulp.

Dis voorts sinloos weens die uitgangspunt dat daar hope swart professionele en sakelui is wat net wag om in die ekonomie opgeneem te word, maar dat wit teenstand teen transformasie hulle daarvan weerhou. Gevolglik moet die staat wetgewing instel om wit mense te dwing om swart professionele en sakelui te help.

Voorstanders van dié beleid ignoreer die feit dat net drie uit elke 100 swart Suid-Afrikaners professioneel gekwalifiseer is en dat net drie uit elke 10 matriek het.

Nogtans sê die DA in sy onlangse SEB-beleidsdokument die party “glo ons moet die telkaart wysig, nié weggooi nie”. Daar word dan voorstelle aan die hand gedoen, maar die sentrale vertrekpunt is presies dieselfde een as wat die ANC huldig.

Die DA-beleidsdokument bevat ook die bedekte dreigement dat swart mense “geregtig is op regstelling” en dat versoening op die spel is, sou SEB nie afgedwing word nie. Diegene wat die beleid kritiseer is dus rassiste wat die geduld van die swart meerderheid beproef.

Laastens voer die dokument aan die staat moet sy koopkrag inspan om ondernemings in swart besit te bevoordeel.

Die DA sê dus as hy die dag regeer, sal hy sy ondersteuners se belastinggeld gebruik om teen hulle te diskrimineer.





http://m.news24.com/rapport/Rubrieke/FransCronje/So-verraai-die-DA-volgelinge-met-SEB-20120915

No comments:

Post a Comment