Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Wednesday, September 5, 2012

VIDEO: Lonmin: Dreigemente en spanning

2012-09-05 12:26
Polisie kon nie keer dat honderde myners vandag by die Marikana-myn opdaag en begin marsjeer na die Kareespruit-skag nie.
Teen vanmiddag was meer as tweeduisend mense besig om deel te neem aan die optog.

Van die betogers het gesê dat bestuur net vandag en môre het om die skag te sluit, anders word hulle doodgemaak en die myn afgebrand. Pantservoertuie en ‘n polisiehelikopter is nou op die toneel. Betogers is gewapen met spiese en byle.

Intussen gaan onderhandelings vir vrede by die Lonminmyn vandag in Rustenburg voort tussen verteenwoordigers van die myn en die werkers.

Die samesprekings is Maandag eers uitgestel, sodat vakbondverteenwoordigers terugvoer kry van hul lede.

Gister het stakende werkers beaam dat hulle nie sal ophou staak voor daar gehoor gegee word aan hulle eise vir 'n salaris van 12-duisend-500- rand nie.

Lonmin-se aandeleprys het vandag met 5% geval na R70.50 -die laagste vlakke in nege jaar.
FIn24

Hierdie video is vandag deur Die Burger se susterskoerant, Beeld, geneem.




http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Lonmin-Spanning-bou-weer-op-20120905

No comments:

Post a Comment