Genl. Koos de la Rey
Jan-Jan Joubert
Wie was die ‘grootste’ Afrikaner van alle tye? Jan-Jan Joubert
het op die Aardklop-fees in Potchefstroom gaan luister na ’n debat tussen ’n
voorstander van pres. Paul Kruger en een wat meen die keuse moet val op genl.
Koos de la Rey.
Die webblad Maroela Media bied hierdie week op Aardklop ’n reeks debatte aan tussen diegene wat deur die webblad se gebruikers as die grootste Afrikaners van alle tye beskou word.
Wanneer die vakbondman Flip Buys van Solidariteit en dr. Jackie Grobler, historikus van Tukkies, nader tree om namens twee historiese figure in die kryt te klim, weet jy mos reeds die tafel is gedek vir ’n stimulerende gesprek.
En wanneer Buys sy gewig agter Kruger ingooi, terwyl Grobler verklaar dis De la Rey wat die opmars Boerehelde kan lei, kan fynproewers van die geskiedenis net die lippe aflek en aansit vir die feesmaal.
Maar hoe bepaal jy wie die grootste Afrikaner was?
’n Fassinerende aspek van die debat was die verskil in die meetsnoer wat Buys en Grobler onderskeidelik gekies het om te gebruik.
Buys het die Afrikaner met die grootste impak op die lewe van mense wat dekades ná sy leeftyd steeds gevoel kan word, gekies. Daarom steun hy Kruger.
Grobler meen die grootste Afrikaner is die een wat die beste rolmodel is. Hy kies De la Rey dus.
Albei sprekers het daarop gewys dat Kruger ongeveer twee dekades langer as De la Rey geleef het. Hy het dus heelwat meer tyd gehad om sy stempel af te druk, maar ook om foute te begaan!
Buys het sy keuse, Kruger, eerstens toegelig aan dié se militêre rol in die voortdurende konflikte met stamme aan die grense van die ZAR.
“Al was daar gereeld botsings met die stamhoofde, het hulle groot agting vir hom gehad,” het Buys gesê.
Min mense weet dit waarskynlik, maar die township Mamelodi, aan Pretoria se oostekant, is jou werklikwaar een van die rits plekke in die hoofstad wat na Kruger genoem is.
Mamelodi – “ die fluitende man” – was naamlik baie swart mense se noemnaam vir die ou president. Volgens Buys het sommige swart mense trouens na Kruger verwys as “pa”.
Buys meen argumente dat Kruger ’n botsing met Brittanje (en dus die tragedie van die Anglo-Boereoorlog) kon vermy het, is ongegrond.
Internasionaal het Kruger volgens Buys die Boeresaak op die internasionale verhoog gestel en dit goed gedoen, soos sy helde-ontvangs tydens die Anglo-Boereoorlog toon.
Voorts is Kruger volgens Buys die simbool van die Afrikaner se vryheidstrewe. As simbool is hy selfs kragtiger as die historiese Kruger.
Kruger se woorde “neem die beste uit die verlede en bou die toekoms daarmee” het die leuse van die Afrikaner se suksesvolle opstaan en modernisering ná die oorlog geword: skeppende hernuwing gegrond op beproefde waardes.
Kruger het haas onoorkombare struikelblokke oorkom, vasgehou aan geloofswaarhede en goeie rasverhoudings gehandhaaf.
Buys meen kritiek op Kruger se druk op die regbank is oordadig en dat die ZAR onder sy leiding nie so korrup was as baie latere, nuwe Afrikastate nie. Hy het veral benadruk dat alle historiese figure, insluitend Kruger, in die konteks van sy tyd beoordeel moet word.
In sy bydrae namens De la Rey het Grobler gesê blote bekendheid moenie met grootsheid verwar word nie, anders steek mense soos Charlize Theron en Naas Botha dalk net die ander na die kroon.
So ook nie die blote bydrae tot die wêreldheil nie, want dan het genl. Jan Smuts en dr. Chris Barnard moeilik hul gelyke.
Eerder is die soeke na die Afrikaner vir hom die soeke na die edelste rolmodel – en dan het De la Rey g’n gelyke nie.
Grobler het eerstens De la Rey se keuse van en verhouding met Nonnie de la Rey as huweliksmaat uitgelig.
Tweedens was daar De la Rey se ordentlikheid, insluitend sy legendariese hulp aan die gewonde lord Methuen, wat behoorlik versorg en na die Rand geneem is vir mediese aandag, tot afgryse van De la Rey se eie manskappe en ten spyte van sowel die afskuwelike oorlogsgedrag van Methuen se eie troepe as die noodlottige verwonding van De la Rey se seun Adriaan deur troepe onder Methuen se bevel.
Derdens het Grobler die leidende rol uitgelig wat De la Rey, eweneens uit Christelike perspektief, in die vredesproses aan die einde van die Anglo-Boereoorlog gespeel het.
G’n slegte nalatenskap, so ’n vredemakersrol nie, aldus Grobler.
Puik tydsberekening en die vertel van heerlike staaltjies het beteken Grobler het toe nooit by die twee kwelvrae oor De la Rey uitgekom nie: Die aard van sy voorgenome rol in die Rebellie en sy houding jeens die veelbesproke Siener van Rensburg.
Die gehoor het hom hieroor vasgetrap. Grobler het toegegee die Siener-ding is moeilik om aan die hand van De la Rey se gewoonlik so rasionele lewensuitkyk te verstaan.
Oor die Rebellie, wat in ’n sekere sin die onbedoelde doodskiet van De la Rey as motoriese moment gehad het, het Grobler met sy uitgebreide kennis getoon dit is onmoontlik om te bepaal of De la Rey inderdaad by die Rebellie sou aangesluit het.
Op sy beurt moes Buys bontstaan om vrae te beantwoord oor of Kruger die verkiesing van 1893 teen genl. Piet Joubert sonder bedrog gewen het en of dit slim was om die oorlog wat die einde van ZAR beteken het met ’n ultimatum te ontketen.
Soos Grobler genoem het, kon daar vandag tot ’n miljoen meer Afrikaners gewees het as dit nie vir daardie oorlog was nie.
Pres. Paul Kruger

No comments:
Post a Comment