Johannesburg – ‘n
Vrou het ‘n inbreker in haar huis in Margate, KwaZulu-Natal, doodgeskiet, het
die polisie gesê.
Kapt. Thulani Zwane sê twee mans, wat met messe gewapen was, het die 39-jarige vrou aangeval terwyl haar man nie tuis was nie.
“Nadat sy ernstig aangerand is, het die mans haar besittings begin steel,” het hy gesê.
Die vrou het daarin geslaag om haar man se vuurwapen in die hande te kry, waarna sy een van die inbrekers geskiet het. Die ander inbreker het op die vlug geslaan.
Sy het die polisie in kennis gestel en is later na ‘n hospitaal geneem.
‘n Vyf-en-twintigjarige man is op die toneel dood verklaar. Sy medepligtige, ‘n 27-jarige man, is later in Uvongo vasgetrek.
‘n Mes en sommige van die gesteelde items is in sy besit gevind. Hy sal binnekort in die Ramsgate-landdroshof verskyn.

No comments:
Post a Comment