Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, October 2, 2012

Rustenburg: begin van bloedige geweld

By Adriaan Snyman |
Rustenburg: begin van bloedige geweld
News24 het oor die naweek bespiegel dat gebeure op ’n stowwerige stukkie klipveld naby Rustenburg, dalk nie net ’n bloedige einde gebring het aan Suid-Afrika se 18 jaar lange vermeende apartheidswittebrood nie, maar ook ’n toksiese mengel van regerings-ontlasting, krakende infrastrukture en sosiale onrus op ons vrygelaat het. Daar is ook gesê dat ekonomiese vooruitsigte van nou af progressief gaan versleg.
In die weke na die slagting op die koppie by Lonmin-myn, het ’n ongekende gees van gewelddadige stakinngs, ongekende arbeidswoede en onrealistiese salarisverhogings die mynbedryf so te sê tot stilstand geruk.
Op die oomblik is daar ’n ‘voelbare’, beklemmende vrees dwarsoor die land dat die geweld en stakings nie weer, soos in die verlede, gaan afneem en mettertyd doodloop nie.
Miskien is daardie vrese nie ongegrond nie, want Siener het 97 jaar gelede al gesê as dinge by Rustenburg begin, sal die volk sy laaste suiwering en smeltkroes binnegaan. M.a.w. ons groot moeilikheid gaan by Rustenburg begin; daarna na Johannesburg uitkring en uiteindelik sien hy selfs geweld in Bloemfontein in die vorm van ’n ‘donker wolk vol mense’ (het dit dalk betrekking op die ANC-konferensie in Desember?)
Die chaos in die land neem hand oor hand toe — talle van Siener se visioene word nou byna daagliks bewaarheid. Hy het gesê daar sal groot stakings wees — en dit wat ons nou beleef, is die ergste wat nog plaasgevind het, met geen vooruitsig van afname nie; swart-op-swart geweld, wat a.g.v. hiervan toeneem, swartes word in hulle eie woongebiede of townships, geteiken, alhoewel ons nie veel daarvan hoor nie; die moontlikheid dat vustasies kan leegloop, word by die dag sterker, aangesien drywers van brandstoftenkers ook staak. Siener het “die karre op die bulte sonder brandstof sien staan”.
Ander kommerwekkende inligting was ons bereik het, is die volgende:
  • Banke in Johannesburg versoek kliënte om hulle kredietkaarte te gebruik, en om geld by ’n kettingwinkel se kitsbank te trek eerder as by die banke self, aangesien hulle geldvoorraad nie meer gereeld aangevul word nie.
  • Daar is ’n gerug in omloop dat die Medupi-kragstasie se fondasie plek-plek glo besig is om te kraak. Die rede daarvoor is dat die betrokke kontrakteur se bousand-sement-verhouding nie korrek was nie — hy het glo minder sement gebruik om meer geld in sy sak te steek.
  • Een van ons lesers het die volgende laat weet:
ABSA wat al die jare in die Volkskas-gebou by die ou Strijdomplein in Pretoria was, gaan nou verskuif tot reg langs die Mamelodi-lokasie (die Watloo Industriële gebied). Dit kon net sowel in Diepkloof reg langs SOWETO gewees het. My vrou sal vir haar eie veiligheid, moet bedank, en ek dink Maria Ramos en Barclays doen dit net om ontslae te raak van die blankes daar wat nog twee derdes uitmaak van die ABSA-Volkskas personeel.
  • Gewapende Chinese tree nou as veiligheidswagte op vir hooggeplaasde swartes.
  • Alle Sufi-Moslems in Suid-Afrika is aangesê om na hulle ‘veiligheidsplekke’ in die Drakensberge uit te wyk, asook na die Karoo-plase wat aan hulle behoort. Dié waarskuwing kom van sjeik Nazim wat sê dat ’n oorlog binnekort hier gaan uitbreek en dat God sy hand van die Afrikaner gaan wegneem. Hy voorspel ook ’n groot bloedbad tussen die Xhosas en Zoeloes.
  • Die polisie is betrokke by sindikaat-roofbendes en deel in die winste. So bv. is die die SPAR op Somerset-Oos onlangs deur rowers aangeval. Hulle het 80 skote geskiet; die sekuriteitswagte het onmiddelik weggehardloop. Die polisie wat net 200 m van die SPAR af gestasioneer is, het eers ’n halfuur later daar opgedaag, nadat hulle die rowers genoeg tyd gegee het om weg te kom. Daar is min twyfel dat die die wins later gedeel is!
  • Laastens, kry ons daagliks berigte dat die poolys al hoe vinniger smelt. Wetenskaplikes sê hulle is erg bekommerd oor die ysbanke en gletsers in Antarktika wat weens verhoogde seetemperature verdwyn, want as die ysvasteland so aanhou wegsmelt, sal ’n ramp van ongekende afmetings die aarde tref. Die seevlak sal met gemiddeld 60 m styg en nie net groot dele van vastelande insluk nie, maar ook eilande soos Brittanje en Holland bedreig.
Het Siener nie voorspel dat Engeland onder die water verdwyn nie?
http://vaandel.co.za/rustenburg-begin-van-bloedige-geweld/

No comments:

Post a Comment