Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Heer!
Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou
het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel
wees, God regeer.

Stuur gerus goeie berigte en foto's na dieousuidafrika@yahoo.com
Facebook groep --> http://www.facebook.com/johanpottie.potgieter?ref=tn_tnmn#!/pages/Die-ou-Suid-Afrika-nuus/116236538438826

Tuesday, October 2, 2012

Wapens lê 10 j. onder grond

’n Plaaswerker in Noordwes het eergisteroggend toevallig afgekom op ammunisie uit voormalige Oosbloklande wat moontlik langer as tien jaar onder die grond begrawe was.

Die grondeienaar, wat gevra het om anoniem te bly, het gister vertel hy het die stuk grond in die Boons-gebied

naby Magaliesburg onlangs gekoop. “Ek wou ’n deel teenaan die pad ontbos waar heelwat bloekombome gestaan het.”

Terwyl ’n plaaswerker die grond met ’n stootskraper ontbos het, het hy op die netjies verpakte wapens en ammunisie afgekom.

Hy het die boer ingelig, waarna die boer die polisie ontbied het.

Kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie se plofstofeenheid was ook op die toneel.

Onder meer twee pistole, 20 landmyne, 19 handgranate, agt magasyne vir pistole, houers vol patrone en ontstekers vir landmyne en handgranate is gevind.

Dit was in foelie, kleefplastiek en kleefband verpak en in vullissakke geplaas. Nog ’n landmyn is gevind nadat die polisie die gebied met ’n metaalverklikker gefynkam het.

Die wapens was baie verroes en het vermoedelik sowat tien jaar onder die grond gelê, het Augoustides gesê.

Die landmyne en handgranate se ontstekers is los daarvan gevind.

Die wapens is volgens Augoustides na die polisiehoofkantoor se bewysstuk-magasyn gestuur en sal moontlik vernietig word sodra die ondersoek afgehandel is.

“Die wapens sal ook daar ballisties getoets word.”

http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Wapens-le-10-j-onder-grond-20120930

No comments:

Post a Comment