Suné Kitshoff
Die nasionalisering van grond om grondhervorming te bespoedig
moet ’n opsie bly, sê die ANC.
Die ANC het die afgelope week sy finale beleidsvoorstelle, voortspruitend uit sy beleidskongres in Junie in Midrand, op sy webwerf gepubliseer.
Luidens die dokument, onder die opskrif “Gewillige koper gewillige verkoper”, word die volgende nou ingesluit: “Hou nasionalisering as ’n opsie.”
Toe pres. Jacob Zuma en Tina Joemat-Pettersson, woordvoerder van die ANC-kommissie oor grondsake, ná afloop van die beleidskongres in Midrand die party se voornemens betreffende grondhervorming bekend gemaak het, was nasionalisering nie ter sprake nie.
Zuma het ’n maand later in ’n onderhoud met die SAUK gesê nasionalisering sal nie ANC-beleid word nie en grondhervorming moet ingevolge die Grondwet gehanteer word.
Dit was Joemat-Pettersson se taak om die Midrand-beraad se oorwegings te vervat in voorstelle wat in Mangaung resolusies van die party kan word.
Nou is dié opsie van nasionalisering skielik by die agenda vir Mangaung gevoeg.
Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het nie in haar hoedanigheid as ANC-woordvoerder oor grondsake op Rapport se navrae gereageer nie.
Dr. Lourie Bosman, voormalige Agri SA-voorsitter en ’n DA-LP, het aan Rapport gesê dit is ietwat uit die bloute dat nasionalisering nou weer ter sprake is. “Ons het wel die onderneming van ANC-LP’s dat dit nie so ver sal gaan nie, maar bloot gebruik word om binne die party te paai.”
Athol Trollip, DA-woordvoerder oor grondhervorming, het by navraag gesê hy weet nie hoe ’n mens grond sou nasionaliseer gegewe die voorskrifte van art. 25 van die Grondwet nie.
Beleidsvoorstelle by die Midrand-kongres was oorspronklik die onteiening van grond ingevolge art. 25 van die Grondwet, en onteiening sonder vergoeding waar grond wederregtelik bekom is. Dié voorstelle word in die finale dokument vervat.

No comments:
Post a Comment