by Sunette Bridges on Tuesday, 16 October 2012 at 17:03 ·
Vir die doeleindes van die bespreking wil ek vra dat ons nie hare kloof oor Boere, Boere-Afrikaners, Afrikaner-Boere en Afrikaners nie. Kom ons bepaal ons liefs by die onderskeid tussen Liberale en Konserwatiewe Blankes. Dit sal dinge baie vergemaklik. My Pa was immers ‘n Ierse Boertjie en 1 van sy groot vriende ‘n Italiaanse Boertjie…
Nog nooit was ‘n Volk so belieg, bedrieg, besteel en in die duister gehou oor hul eie toekoms in hul eie land as die Blankes hier in Suid-Afrika nie! Die skokkendste deel hiervan is dat ons nie deur die ANC belieg en in die duister gehou was nie, maar deur ons “eie” mense! Die reg van ‘n Volk om oorhomself te regeer bestaan in die Internasionale Reg en is ook ‘n 100% wettig in die Suid-Afrikaanse konteks. Soveel so dat dit selfs ter tafel gelê was tydens Codesa. Die manne wat toe vir ons moes beding vir hierdie opsie, het die bal laat val. In 1994, enkele ure voor die verkiesing het Generaal Constant Viljoen en Thabo Mbeki ‘n ooreenkoms onderteken dat hierdie opdie WEL tot ons beskikking is sou ons dit wou uitoefen. In 1995 was daar, in opdrag van Thabo Mbeki, ‘n komissie in die lewe geroep wat moes bepaal of die “Afrikaner” die behoefte het om oor homself te beskik. Hierdie manne, ONS manne, het na 3 jaar van “ondersoek” bepaal dat die behoefte nie bestaan nie.
Nou weet ek nie van jou nie, maar NIEMAND het my in daai 3 jaar gevra of ek daarvan sal hou om deur my eie mense regeer te word nie!
Daar was selfs ‘n groep mense in Duitsland wat voorgestel het dat die “Afrikaner” minstens moet beding vir ‘n “Toevlugsoord” of Trustgebied wat aan ons behoort soos wat bykans elke ander etniese groep in die land het! Buiten dat ander groepe “Trust Gebiede” besit, word hierdie Trustgebiede deur die Regering onderhou en ontvang Reuse bydraes uit Staatsfondse. Hierdie opsie was ook tot ons beskikking, maar die bal is ook laat val!
Nou is dit bykans 20 jaar later en steeds vorder die proses om oor onself te regeer NIKS Verder as debatte nie! …en hoekom? Omdat ons blankes 'n lot korrelkoppe is wat, in stede van ondersteuning kry vir die idee en ‘n groep mense ondersteun wat veg vir die REG om dit te doen, ons reeds plannetjies op die tafel het oor waar die grense getrek moet word en hoeveel blikkies baked beans ons moet inpak om te TREK na die “Volkstaat”! Ons SAL nie so iewers kom nie! Ons moet begin by die BEGIN en die IDEE ondersteun en soos 1 man daarvoor vra!
Ons is besig om toe te laat dat die dinge waaroor ons verskil, die dinge waarvoor ons MOET baklei, oorskadu!
Hierdie debat MOENIE gaan oor wie bly waar nie! Hierdie debat moet gaan oor die feit dat ons geregtig is op ‘n STUK van die land waar ons MAG en GELD gesetel moet wees en eers dan sal ons kan vorentoe.
Die boodskap uit Europa is ook BAIE duidelik. Niemand het ‘n probleem daarmee om ons regte te erken nie. Niemand misken die feit dat ons huidiglik in chaos leef en ons mense se lewens bedreig word nie, maar die vraag is WIE is ons? WIE verteenwoordig ons? …en nog meer belangrik! HOEVEEL VAN ONS MENSE HET DIE BEHOEFTE OM ONDER DIE HUIDIGE REGERING UIT TE KOM! Die prentjie na buite is dat ons heel tevrede is met hoe dinge is, want as ons NIE is nie, hoekom is ons so stil? Hoekom is daar so min mense wat opstaan en lawaai maak?
Die kruks van die saak is: Ons is in die moeilikheid en dis ons EIE skuld, want ons is OF te ordentlik, te gemaklik of te verdomp lui om iets aan ons eie lot te doen!
My vrae:

- Ondersteun jy die beginsel van selfbeskikking?
- Glo jy dis haalbaar?
- Was jy OOIT, as deel van ‘n ondersoek oor die opsie, gevra om jou stem hieroor uit te bring?
- Op watter wyse glo JY, sal ons daarby uitkom?
Die Groen Areas op die kaart van Natal behoort aan die Ingonyama Trust. Dus in effek aan die Zoeloes! Ons het OOK hierdie reg, maar oefen dit nie uit nie!
No comments:
Post a Comment